In die September-uitgawe van JUIG! vra ’n leser in die briewekolom waarom die wetenskaplikes so teen kreasionisme gekant is. Ek het uiteindelik, ná 50 jaar, die antwoord hierop gevind. Wetenskaplikes is so bevooroordeeld daaroor omdat hulle eerstens nie wil aanvaar dat daar ’n Skepper is nie. Tweedens glo die meeste wetenskaplikes dat evolusie ’n funksionerende wetenskap is omdat so baie wetenskaplikes dit glo. Hulle wil nie “uit” wees nie. Derdens weet die meeste wetenskaplikes nie regtig hoe die aarde se ouderdom van miljoene jare bepaal word nie. Hulle is salig onbewus van al die foutiewe aannames waarop die metodes gegrond is. Hulle ignoreer (onbewustelik of doelbewus) die beskikbare wetenskaplike bewyse wat die onwetenskaplike “feite” van evolusie uitwys. Evolusie is nie ’n funksionerende wetenskap nie en hoort by godsdiensonderrig en nie in die wetenskapklas nie. Maar waarom nou feite bysleep wat die mooi storie oor evolusie sal bederf?
Hannes Coetzee