
Daar is vier infame leuens wat deur magte, wat daarop uit is om die basis van die Christelike geloof onder ons te vernietig, gebruik word. Elke Christen behoort te leer hoe om hierdie leuens wat die Woord van God diskrediteer, te onderskei. Die satan werk deesdae oortyd in sy stryd om die siel van ons volk in te palm. Ons is in ’n stryd om lewe en dood gewikkel en dit is werklik nie nou die tyd vir Christene om lamsakkig in hul geloof, of ruggraatloos in hul oortuigings te wees nie. Ons moet absoluut in die Woord van God gegrond wees om elk¬een van hierdie leuens te kan teenstaan.
1. Die Hel bestaan nie
Jesus het meer as enigeen in die Bybel oor die hel gepreek. Sy woorde was deurdrenk van liefde, maar Hy het beslis nie doe¬kies omgedraai wanneer Hy oor die gevolge van sonde gepraat het nie. Toe Hy Sy be¬diening begin het, het Hy uit die boek Jesaja gelees en aangekondig dat Hy nie net gekom het “om die genadejaar van die Here aan te kondig, die dag van afrekening van God,” Jes 61:2, nie. Die ware Evangelie is dus eintlik ’n tweesnydende swaard wat ’n “God vol goedheid, maar terselfdertyd streng is,” Rom 11:22, verkondig. Daarom is ‘hel’ ’n drieletterwoord wat meer dikwels deur ons gebruik behoort te word; nie om mense met ’n gemene oordeel en gees te veroordeel nie, maar om hulle te waarsku dat Genade ’n tydsbeperking het.
Die wêreld verwerp die hele konsep van die hel op grond van die feit dat dit ‘te eksklusief’ is. Ons ‘Oprah-kultuur’ dring daarop aan dat elkeen ’n warm en ‘lekker’ lewe sonder enige gevolge verdien. Mense vra dikwels: “Hoe kan ’n liefdevolle God iemand hel toe stuur?” Indien ons werklik vir hulle omgee, sal ons aan hulle verduidelik dat die hel nie ’n metafoor is nie – dit is ’n werklikheid waar skeiding van God ervaar sal word indien sondaars kies om Hom te verwerp. Ons behoort liewer oor die hel te begin preek as om bekommerd te wees oor wie die kerk gaan verlaat.
2. God het nie die wêreld geskape nie
Die 150ste viering van Darwin se publikasie ‘The Origin of Species’ is in 2009 gevier. Evolusioniste het die mensdom met ‘be¬wyse’ van hierdie vae teorie gebombardeer. Die hoofstroom-media en akademia dring daarop aan dat evolusie op feite gegrond is. Enigeen wat dit sou durf waag om hulle uit te daag, word as ’n ‘godsdienstige idioot’ afgemaak. Wat mense egter nie besef nie, is dat Darwinisme, bo en behalwe die feit dat dit oor geen wetenskaplike basis beskik nie, op spiritualisme gegrondves is.
Die Walliese naturalis, Alfred Russel Wallace, het baie van Darwin se oortui¬gings gedeel en het hom aangemoedig om sy boek te publiseer. Wallace het in geeste geglo, was deel van séances en het ontsettend belanggestel in alle bo-natuurlike en paranormale dinge.
Hy het evolusie as ‘wetenskap’ gepropageer omdat sy anti-God-sienings hierdeur ge¬steun is. Is dit dan hoegenaamd verrassend dat hierdie ‘wetenskap’ wat deur hom en Darwin voorgestaan is, gebruik word om die Christendom te on¬dermyn? Die wêreld wil nie graag in ’n Skepper glo nie omdat, indien Hy werklik is, Hy oor die uiteindelike gesag oor Sy Skepping sal beskik. Die anderkant van die munt is egter dat die mens geen morele verantwoordelikheid het indien hy uit ’n oervorm ontwikkel het, deur verskillende stadiums gegaan het en nou as mens bestaan nie. Evolusie handel hoegenaamd nie oor wetenskap nie – dit is rebellie teen God se heerskappy oor ons!
3. Alle gelowe lei na God
Dit is nie ’n nuwe leuen nie, maar dit beleef deesdae ’n herlewing. Barack Obama was vir langer as 20 jaar lidmaat van ’n kerk wat onderrig het dat Jesus nie die enigste weg na verlossing is nie – en Obama het in die openbaar erken dat hy die infame leuen geglo het. Die dogma van universalisme – wat leer dat alle mense uiteindelik gered sal word en die Hemel sal geniet – het deesdae die godsdiens van die massa geword.
Christene wat universalisme omarm, is soos die profete van Baäl van ouds wat gekastreer is en in Jesebel se voorhof geprofeteer het. Hulle verkondig ’n kragtelose boodskap wat geeneen kan, of sal, veran¬der nie. Ons moet weer in die gees van ’n Elia opstaan, hierdie misleiding aanspreek en aan die wêreld wys dat die ware God deur vuur antwoord!
4. Die mens kan moraliteit herdefinieer
Hierdie leuen is moontlik die dodelikste van almal. Oral waar ons deesdae kyk, na leiers in die media, politiek, opvoeding en vermaak, word die omvergooi van konvensionele waardes gepro¬pageer. ’n Hedonistiese wêreld sonder enige reëls of regulasies word as die ideaal voorgehou.
Dit was so duidelik soos daglig toe ‘Newsweek’ ’n voorbladstorie waarin luiters verkondig word dat die Bybel huwelike tussen maats van dieselfde geslag goedkeur, gepubliseer het.
Leuengees binne die kerk
’n Leuengees het ook baie kerke binnegedring en oortuig Christene wat swak in die geloof is om hul oortuigings t.o.v. homoseksualiteit, aborsie en ontug, te verander. Die bose word goedgepraat terwyl diegene wat Bybelse waardes van reinheid en die tradisionele huwelik aanhang, as dwepers uitgekryt en geëtiketteer word. Indien ons hierdie leuens ignoreer, sal dit ons totaal verswelg. Ons behoort ’n zero-verdraagsaamheidsbeleid t.o.v. enige geestelike kompromis te handhaaf. Hoewel ons steeds ’n medelye en liefde vir die sondaar moet demonstreer, verwag God dat ons kulturele en morele breinspoeling ten sterkste sal teenstaan.
Moenie stilbly nie!
Ons kan nie langer stilbly oor die kwessies wat deur satan aangeval word nie. Indien jy enigsins in jou geloof oor hierdie vier kernfeite twyfel, wees eerlik oor jou twyfel, bely jou sonde van louheid en delf in God se Woord totdat jou denke vernuwe is. Moenie ’n breinspoelingslagoffer word nie!