Die Einde Van Privaatheid

Opslae is gemaak toe die Chinese polisie in Nanchang onlangs ’n verdagte in ’n bedrogsaak by ’n konsert aangekeer het. Die polisie het presies geweet waar hy in ’n skare van 60 000 konsertgangers is nadat hy deur outomatiese gesigsherkenningstelsels opgemerk is. Altesame 176 miljoen kameras oor die hele land is met mekaar verbind – teen 2020 sal daar tot 600 miljoen wees.