
Alles tot Sy eer
Later in 1 Korintiërs 10:25 sê Paulus nogmaals vir gelowiges hulle mag vleis eet wat op die markte verkoop word en in vers 2 tot 29 sê hy vir hulle om alles te eet wat voorgesit word wanneer ongelowiges hulle vir ete uitnooi (tensy daardie ongelowiges se gewete hulle hieroor pla!). Paulus weier dat die Evangelie vasval in kosgebruike. God het alles – insluitend kos – gemaak om tot Sy eer gebruik te word. Dus, of ons eet of drink, ons doen dit alles tot Sy eer (1 Kor 10:31).
Die verskil in Korintiërs en Romeine in tekste oor voedsel
Paulus gee egter nog een tree verder in sy antwoord: Christene is vry om te eet…mits dit nie swakker gelowiges sal aanstoot gee nie. Hy is bewus van ‘swakker’ en ‘sterker’ gelowiges wat oor verskillende vlakke van geloofskennis beskik. Hierdie groepe is ook in Romeine 14 aanwesig wanneer Paulus later weer oor kosgebruike skryf. Tog is daar ’n tegniese verskil tussen 1 Korintiërs 8 en Romeine 14. Romeine 14:1-15:6 handel oor onrein kos (wat ’n sleutel-
kwessie vir Jode was), terwyl 1 KorintiÄ”rs 8 handel oor kos wat aan afgode gewy is. Gevolglik was die verskille in Rome intern tussen gelowi-ges, maar in Korinte het dit reeds verhoudings tussen gelowiges en nie-gelowiges geraak. In Romeine 14 is mense se geloof ook ter sprake, terwyl Korintiërs 8 en 10 handel oor mense se gewete wat gebind word, al dan nie.
Ons vryheid mag mekaar nooit laat struikel nie
Paulus verduidelik naamlik in al hierdie tekste, al is die afgode dood, dit nie beteken gelowiges kan goedsmoeds in hulle tempels gaan eet soos hulle wil nie. Diegene wat nog nie oor die regte kennis beskik nie, se geloof kan deur sulke gedrag geskud word. Kos is nie sulke skokke, of skeurings in die Kerk werd nie. Opbou is die kern van geloof, nie eet en drink nie (1 Kor 8:1-3, 7-13 en Rom 14:13-17). Ongetwyfeld is Christene vry van dooie wette en tradisies, maar dan mag hulle vryheid mekaar nooit laat struikel nie.
Lees die res van die artikel in JUIG! se Januarie-uitgawe.