Verblind Deur Vooroordeel

In die onlangse Amerikaanse presidensiële verkiesing (en in die vorige Brexit-stem in Engeland), het ons gesien hóé verkeerd die media-kenners kan wees. ’n Nuwe woord is by die Engelse woordeskat gevoeg: ‘presstitutes’.
Daar word nou beweer dat die massa-media ’n prostituut van joernalistiek gemaak het deur so partydig te wees en die propaganda van Clinton en Obama se sekulêr-humanistiese globale agenda te bevorder – in plaas daarvan om oor die nuus te berig. Die meeste sogenaamde nuusberigte, in die gedrukte media sowel as op televisie, skyn bevooroordeelde standpunte te wees, eerder as onpartydig nuus.
Blootgestel
Nou is die massamedia, CNN, BBC, CBS, NBC, Time Magazine, en The New York Times blootgelê vir die dwase, huigelaars, en bedrieërs wat hulle is – verblind deur hulle eie vooroordeel.
Daar is diegene wat na CNN verwys as die Clinton News Network, BBC as die Biased Broadcasting Corporation, Newsweek (wat aanmatigend ’n voorblad gepubliseer het met ’n stralende Hillary Clinton en die titel, ‘ Madam President – Hillary’s Path to the Whitehouse) is al Newspeak genoem (met verwysing na George Orwell se klassieke boek, 1984, en die voorspelling van gedagtepolisiëring en newspeak).
Teen alle verwagtinge in
Ten spyte van al die mediavooroordeel en haatveldtogte teen Donald Trump; sowel as al die negatiewe voorspellings en bedrieglike me-ningspeilings, het ‘n buitestaander, met ’n anti-establishment-veldtog, teen alle verwagtinge in die Amerikaanse presidensiële verkiesing gewen.
Soortgelyk aan die val van die Berlynse Muur
Op die 27ste herdenking van die val van die Berlynse Muur (9 November 1989), het ‘n ‘grondverskuiwing’ oorkant die Atlantiese Oseaan die wêreld verbyster. Die Franse ambassadeur van Amerika, Gerard Araud, het verklaar: “Ná Brexit en hierdie verkiesing, is enigiets nou moontlik…”
Lees die res van die artikel in JUIG! se Januarie-uitgawe.