God Genees My Van MS

Johan Jacobs is ‘n sakeman wat aan Veelvuldige Sklerose (MS) gely en wonderbaarlik genees is. Hy het sy vrou, Alicia, in 1994 ontmoet, is ses jaar later met haar getroud en vandag is hulle die ouers van Carli (7), Ruan (3) en Lindi (1). Hul gunste¬ling-tydverdryf is om as gesin, tyd in die natuur saam te spandeer, te kampeer en vis te vang. JUIG! het met hom gesels.

WANNEER HET JY SIEK GEWORD?
Twee jaar voor ons troue, ek was besig met my MBA, het ek dubbelvisie gekry en be¬sluit om dokter toe te gaan. Hy het my ge¬stuur vir ‘n CT-skandering, maar ek is verkeerd gediagnoseer.

Die dubbelvisie het metteryd verdwyn en ek het normaalweg aangegaan. Pas na ons troue het ek ervaar iets neurologies was fout – dit het stadig begin, maar daagliks vererger. My regterarm het nie meer ‘geluister’ wat ek vir hom ‘gesê’ het nie, my regterbeen het begin sleep. ‘n Toenemende erge moegheid het my oorval en eers toe my tong begin sleep, het ek besef dit is nie meer net ‘n senuwee wat iewers vasknyp nie. Ek is die volgende week met Veelvuldige Sklerose (MS) gediag¬noseer.

KAN JY MENSE RAAD GEE OOR MS? WAT STEL JY VOOR MOET HUL DOEN?
Vandag kan ek met ondervinding sê dat MS nie ‘n siekte is nie. My ervaring en kennis uit boeke wys my dat MS ‘n progressiewe toksiese toestand is. Google net ‘Minemata Disease in Japan’ – almal in daardie dorpie is met kwik vergiftig en het erge neurologiese probleme, tipies aan MS, gehad.

Dis hoog tyd dat ons meer verantwoordelik t.o.v. ons eie gesondheid raak en nie simptome behandel nie, maar die oorsaak verwyder.Baie siektes vandag is toksiese toestande met mooi name. Nadat ek medies ongeskik verklaar is met ‘n sogenaamde ongeneeslike toestand, het ek begin met die volgende stappe:
1. Verwydering van die oorsaak van vergiftiging: Die oorsaak – die boogskutters (Amalgaan-vulsels wat betaan uit ±50% Kwik) moet met die regte en veilige pro¬sedure verwyder word. Hulle besoedel die brein met die giftige element, Kwik. Dit is een van die gevaarlikste swaar¬metale op aarde. Kwik word afgegee en word opgeneem in die bloedstroom, maar omdat dit vet¬op¬losbaar is en jou brein ±70% vetweefsel is, klou dit aan veral die breinselle en laat die brein anders funsioneer en op selvlak anders lyk. Jou immuunstelsel ‘verstaan’ dat een van sy eie selle vreemd lyk – dis dán dat jou eie immuunstelsel teen homself draai en sy eie breinsel wat vergif is, aanval en die sel verloor sy funksie. Dit is ‘n outo-immuunsiekte. Hoekom sal God jou immuunstelsel so ontwerp om sy eie weefsel te vernietig? Ek weet dis ‘n mensgemaakte toestand.
2. Ontgiftiging/skoonmaakproses: Die gifpyle in die brein wat skade veroorsaak, moet verwyder word. Mens kan net ontgif indien die hoofoorsaak weg is.
3. Boublokke vir genesing: Die liggaam kan nie genees met ‘n nutrient-leë en toksiese voedselketting nie. Verder wil jy jou ook nie verder vergif met al die moderne voedselchemikalië nie. Dus stel ek voor: volg die bewese jagleefstyl van ons voorouers. Dit behels basies die volgende:
• Natuurlike, heilsame kos – niks verwyder of bygevoeg nie
• Organiese kos – geen toksines nie, maar ryker in nutriënte
• Vars kos – dis baie belangrik dat kos nie geoksideer is nie. Ons gebruik geen geprosesseerde kos nie
• Ongepreserveerde kos – geen chemiese preserveerdmiddels nie. Ook nie kos wat in karton verpak is nieLees gerus ook “Solving the MS Mystery, Help Hope and Reco¬very” deur Dr. H. Huggins. Ons verkoop dit juis omdat dit so leersaam is.
HOE HET DIE HERE JULLE GELEI OM DIE BESIGHEID TE BEGIN?
Met my beterskap op die natuurlike manier wou ons ook ander mense help. Alicia het vir my Skrif uit Jesaja (55:13) waarin staan die Here gaan die doringbos in my lewe verwyder en daar sal ‘n mirteboom opkom en dit sal vir my ‘n ewige teken wees, gegee. Dit was my hoop, maar ook my visie. Ons het verder ook vele Skrifte oor bome gekry en geweet ons logo moet en sal iets met ‘n boom te doen hê.

Ons het ook Ps 1:3 en Jer 17:8 gekry wat presies dieselfde sê: “Jy sal wees soos ‘n boom langs strome water wat in seisoen vrug sal dra en waarvan die blare nie sal verwelk nie; al raak dit warm.” Dit is toe dat ons ons logo begin omskryf, skaaf en ontwerp het. Vandag is ons so dankbaar, ons weet dit is van ons Vader af.

Besoek gerus Johan se winkel om alle tipe produkte en gesondheidsidees te kry. Verseker só ‘n beter leefstyl en ook dat die Here vir jou lewe kan gee – in oorvloed!

GO NATURAL: Skakel Johan Jacobs by 021 852 2744 of 082 876 8142 of besoek www.gonatural.co.za