Jean & Willianna Symons Bou voort op 30 jaar van genade in Doxa Deo

Doxa Deo vier vanjaar 30 jaar van bediening – drie dekades waarin ’n enkele gemeente gegroei het tot ’n beweging wat deur verskeie kampusse, skole, organisasies en bedieninge in Suid-Afrika en verder gestalte kry. Deur al die seisoene heen het die visie dieselfde gebly: om Christus sentraal te stel en gelowiges toe te rus om God se Koninkryk in hulle stede, huise en werkplekke sigbaar te maak.

Die bediening het twee jaar gelede ’n nuwe hoofstuk betree toe Jean en Willianna die visionêre leierskap opgeneem het. Hulle lei egter nie los van dit wat voorheen gebou is nie. Met diep respek vir Alan en Leana Platt se geestelike nalatenskap, en met ’n sterk geloof in spanwerk, konsensus en die volgende geslag, bou hulle voort op die fondamente wat oor 30 jaar gelê is. In hierdie gesprek vertel Jean en Willianna oor die verantwoordelikheid van leierskap, die krag van ’n verenigde huwelik en hulle begeerte om gewone mense toe te rus om as ambassadeurs van Jesus te leef…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.