Woorde is baie belangrik. “Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God.” Joh 1:1.
God se volk het in die Ou Testament baie goed verstaan wat dit beteken om eer aan God te betoon deur Sy Naam te eer. Die skrywers wat die Skrif met die hand moes oorskryf, het baie komplekse reëls gehad wat hulle in staat gestel het om die Woord akkuraat en versigtig oor te skryf. Die woord- en lettertal is aan die einde van elke bladsy aangedui en moes verseker dat daar nie iets uitgelaat of bygevoeg is nie. Wanneer hulle by die sekondêre Name van God, soos Elohim of El-Shaddai, gekom het, het hulle ophou skryf, hulle penne neergesit, nuwe penne geneem en die Naam baie versigtig neergeskryf.
Die skryf van God se Naam
Wanneer hulle egter by die hoofnaam van God, waardeur Hy Homself aan Moses in die brandende braambos getoon het – Jehovah of Yahweh, waarvoor hulle net vier letters, JHWH, gebruik het – gekom het, moes hulle van hulle stoele opstaan, hulleself gaan was en nuwe, skoon klere wat spesiaal vir die doel daar was, aantrek. Hulle moes dan bid, hulle sondes bely, ’n nuwe pen en vars ink gebruik om dan daardie vier letters, JHWH, neer te skryf.
Mense doen dit nie meer vandag nie. Dit is egter ons missie by JUIG! om te verseker dat elke woord wat na God verwys, insluitende voornaamwoorde, met hoofletters geskryf word. Ons doen dit ook met woorde soos Bybel, Redder, Evangelie en Opstanding.
Die vrees van die Here
Die Bybel leer: “Eerbied van die Here is die begin van Wysheid.” Ps 111:10. Klaarblyklik kom baie mense deesdae wysheid kort. Wat eens onwettig en ondenkbaar was, word nou op televisie gebeeldsend, oor die radio uitgesaai, in films vertoon en in die media gedruk. Ons word letterlik deur goddeloosheid gebombardeer.
Wees versigtig, lasteraars!
Toe ek vir militêre diensplig opgeroep is, was ek uiters geskok om te hoor hoe soldate, sonder om ’n oog te knip, die Here se Naam misbruik. Tog het baie van hulle ongemaklik gevoel as hulle dit in die teenwoordigheid van ’n Christen gedoen het. Hulle sou dan omdraai en verskoning maak omdat hulle geweet het dit maak Christene seer dat hulle Heer en Meester se Naam so ydellik en ligtelik aangeroep en misbruik word. Ek moes die individue tog daarop wys: hulle moes mý nie om versko¬ning vra nie. Ek was so ontsteld oor die lastering, dat ek gevra het om die offisier in bevel te spreek. Toe ek by sy kantoor instap, het hy dadelik gevra wat die probleem is.
Ek het hom gevra of dit teen die wet is om die Naam van God te belaster. “Natuur¬lik!” was sy antwoord. “Word die Here se Naam in hierdie eenheid gelaster?” Ek moes antwoord: “Ja, Kommandant. Dit is so dat die Here se Naam daagliks ydellik deur die korporaals en sersante gebruik word,” waarop hy dadelik geantwoord het dat hy die saak verder sou hanteer.
Die volgende Vrydag, tydens parade, het hy die eenheid toegespreek: “Die Here Jesus Christus is in bevel van hierdie weermag. Hy is die een wat bepaal of ons lewe of sterwe. Die oorwinning of nederlaag is in Sy hande. Jul lewens is in Sy hande. Enig¬iemand wat die Here, ons God, se Naam ydellik gebruik, is ’n verraaier en sal as sulks hanteer word. Ek sal nie enige laster in hierdie eenheid duld nie!” En hy het nie. Sommige offisiere het selfs hulle rang as gevolg hiervan verloor.
‘Geknoopte’ tong
’n Nuwe gelowige het by een geleentheid vir ’n berugte vloekbek-korporaal wat weer die Here se Naam gebruik het, gesê: “Die Here sal jou oordeel!” Die vloekbek het weer gevloek, sy Cokeblikkie opgetel om sy koeldrank verder te drink en is toe deur ’n by, wat hy nie op die blik sien sit het nie, op die tong gesteek. Sy tong het onmiddellik dik opgeswel en hy kon vir etlike dae glad nie praat nie. Die hele peloton kon nie help om uit te bars van die lag nie.
’n Ander vuilmond in ons eenheid is deur ons Bybelstudiegroep gewaarsku dat God die trotsaards sou oordeel. Kort daarna het hy sy nek so beseer dat hy vir ’n aantal weke ’n nekstut moes dra. Waar hy ookal gegaan het, het ander heidene vir hom gelag en die woorde wat ons vir hom gesê het, herhaal.
In Handelinge lees ons hoe God met Ananias en Saffira gehandel het: Hulle het die doodstraf gekry omdat hulle vir die Heilige Gees gelieg het en só God se Naam onteer het. “Hy het neergeval en gesterf… Die hele gemeente het groot geskrik en al die ander wat hiervan gehoor het, het net so geskrik.” Hand 5:5,11.
God se vul¬lishoop
Die ‘Westminster Kategismus’ leer dat ‘die mens se hoofdoel is om God te verheerlik’. Indien ons Sy Naam belaster, skend ons die doel van ons bestaan. Wat gebeur met ’n elek¬troniese item indien dit nie meer werk nie? Dit land op die vullishoop. Die Here het die ewige hel as ‘Gehenna’ beskryf – die branden¬de vullishoop buite Jerusalem. Net soos die rook voortdurend uit die brandende vullis na bo trek, sal die rook uit die Ewige Vuur – Sy vullishoop – opstyg, het die Here gesê. Diegene wat Hom nie vereer nie, sal beslis nie die Ewigheid saam met Hom deurbring nie. Hulle sal vir altyd van Hom geskei wees en op die Ewige vul¬lishoop – die hel – wees. Wanneer die bestaan van die Lewege¬wer ver-smaad word, word die lewens van mense ook versmaad. Indien God gedegra¬deer word, word ons, skepsels uit Sy hand, waardeloos.
Aanbidding in die werksplek
Sir Christopher Wren, die argitek van die St Paul-katedraal in Londen, het be¬veel dat groot kennisgewingborde tydens die bou van die katedraal opgesit word waarop bouers en werkers gewaar¬sku word dat enig¬een wat die Here se Naam ydellik gebruik, dadelik in die pad gesteek sou word. Vir hom was dit on¬onderhandelbaar – die Here moet deur Sy skepsels, vereer en verheerlik, en nie gelaster nie, word.
Gebede en sang is tevergeefs
Jy het miskien nog nooit oorweeg om die Derde Gebod direk te verbreek nie, maar bid of sing jy soms waarin jy die Here se Naam op ondeurdagte, amper meganiese wyse gebruik? Wanneer ons in hartelose en onverskillige aanbidding verval, verbreek ons ook inderwaarheid die Derde Gebod. Ons nader God se Troon in gebed en liefde deur Sy Naam.
Ons durf nie die Naam ligtelik gebruik nie. Prys ons Hom op ’n manier dat Sy Naam vir ons geen betekenis inhou nie? Ons moet altyd ernstig, heelhartig en entoesias¬ties in ons lofprysing en gebed wees. “Julle skynheiliges! Die profeet Jesaja het julle raak beskryf: Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Hulle gods¬diens is blote skyn, want hulle hou menslike leerstellings voor as wette van God.” Lees ons in Matt 15:7-9.
Wêreldse aanbidding
Betekenislose aanbidding is die onvermydelike uitvloeisel van ’n wêreldse gees. In baie kerkgeboue hang mense op ’n luilek¬ker manier rond, bekyk ander mense, sit en beskinder ander en wend geen po¬ging aan om hul hart en gees op die verheerli¬king van God te fokus nie. Sommige wend nie eens ’n poging aan om die lofprysings¬liedere saam te sing nie. Baie predikante help hierdie gees aan deur hulle eie oor-gemaklike drag, ligsinnige praatjies en onvanpaste grappe.
Dit help nie ontsag en eer tot God en Sy Heiligheid aan nie. “Hulle kom en luister ewe vroom na jou prediking, maar hulle doen nie wat Ek vir hulle sê nie. Met hulle monde bely hulle liefde, maar hulle harte is net agter geld aan. Jy vermaak hulle soos iemand wat liefdesliedjies met ’n mooi stem sing of goeie musiek maak. Hulle hoor wat jy sê, maar doen dit nie!” Eseg 33:31-32. Hierdie skynheiligheid is dikwels die gevolg van ’n weiering om die Here se bevele te gehoorsaam. “Waarom noem julle My dan ‘Here’ as julle My nie gehoorsaam nie?” Luk 6:46.
Heelhartige aanbidding
Om die Naam van die Here met ware betekenis en erns te gebruik, vereis heelhartige liefde en gehoorsaamheid. Hulle neem die wet in eie hande en is baie kieskeurig oor die gedeeltes in die Bybel wat hulle wel aanvaar en dit word dan met mensgemaakte beleid en filosofieë gemeng. Die Derde Gebod verbied alle onopregtheid, ondeur¬dagtheid en vlakheid wanneer dit by aanbidding kom. Dit veroordeel skynheiligheid, rebellie en ongehoorsaamheid by diegene wat daarop aanspraak maak dat hulle die Here dien. Die positiewe deugde wat deur die Derde Gebod vereis word, is bedagsaamheid, erns en heelhartige toewyding aan die eienskappe van ons Heer en Verlosser.
Die belangrikste doel vir die mens is om God te verheerlik en Sy teenwoordigheid te geniet. “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” Matt 12:34.