’n Eksistensiële bedreiging vir die wêreld se oseane

Seaspiracy – die ontstellende dokumentêre rolprent wat ’n diep en donkerbedryf oopvlek – is iets waarna alle Christene moet kyk. Hierdie omstrede rolprent onthul die omvang van die onreg wat die kommersiële visserybedryf elke dag pleeg asook die geweldige uitwerking wat dit op die omgewing het. 

As Christene is dit ons plig en verantwoordelikheid om op hoogte te bly van wat in die wêreld aangaan en om enige booshede aan die lig te bring. Ons moet waghou oor God se wonderlike skepping en die aarde bewaar. As ons elkeen ons bydrae lewer, kan ons ons brose oseane die kans gee om te herstel. 

Lees gerus hierdie artikel in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is, om meer uit te vind oor wat jy kan doen.