’n Ware verhaal van ’n ma se geheime hartseer wat in blydskap verander is

Ons het onlangs ’n boekbekendstelling bygewoon en was so aangeraak deur die verhaal van Olga wat in 1952 haar tweelingdogtertjies moes laat aanneem. Dit is ’n verhaal van genade en versoening soos vertel deur Diane Knott, een van Olga se ander dogters.

“My naam is Diane en ek is die tweede oudste dogter in ’n gesin van vyf. Ons het in ’n middelklasgesin grootgeword, getrou, ons eie kinders gehad en is betrokke by ons plaaslike kerke. ’n Doodgewone familie … of so het ek gedink.

Op ’n Sondag in 1995 het my ouers vir ’n kuiertjie ingeloer. Ná ons gegroet het, het Mamma ’n verskoning uitgedink om alleen met my te praat. Toe ons op die bed sit, vroetel sy in haar handsak en haal twee briewe uit. Met ’n bewerige stem fluister sy: “Ek het tweelingdogtertjies gehad voordat ek met jou pa getroud is. Ek het hulle laat aanneem en nou het hulle my opgespoor en vir my geskryf.” Sy het swart-en-wit-foto’s van twee pragtige babadogtertjies in my skoot laat val …

Lees gerus meer oor hierdie familie se reis in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is!