Dit het alles met gebed begin

Verlede jaar is die land geruk deur die gebeure in Senekal ná die moord op die jong boer, Brendin Horner. Haat en rassisme is aangeblaas en almal het asem opgehou en gehoop dat die kruitvat nie ontplof en daar ’n burgeroorlog uitbreek nie.

“Civil war will not start in Senekal,” het pastoor John Mathuhle egter verklaar en toe ’n gebedsbyeenkoms op die dorp gereël. Die beeld van mense van alle rasse wat saam bid, het ’n vlam van hoop laat opflikker en salf aan oop, seer wonde gesmeer. Die voorspelde bloedbad is afgeweer en nou, ses maande later, lyk dinge inderdaad geestelik en fisies heelwat anders. Die mense van die dorp het hande gevat en die Senekal Matwabeng Community Forum (SMCF) gestig om die dorp te herbou. 

Lees hierdie artikel in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is, om meer uit te vind oor die verandering wat besig is om plaas te vind.