Ons is klaar! Die familie van gereformeerde gemeentes stuur ’n duidelike boodskap

Vals lering en dwaling – die gevolg van vrysinnige Skrifhantering – het veroorsaak dat die NG Kerk toenemend begin het om sy gereformeerde identiteit te verruil vir die gedagte van ’n “ruim huis” waar “teologiese diversiteit” die wagwoord is.

Dit was dus onafwendbaar dat die Skrifgetroue en behoudende geloofsgemeenskap onder leiding van die Kairos Netwerk dít bymekaar sou bring wat bymekaar hoort. Die eerste familiebyeenkoms van gereformeerde gemeentes is op 21-22 Julie 2022 by die AfriForum Teater in Pretoria gehou.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!