Hierdie maand se uitgawe is propvol kragtige getuienisse, praktiese geloofswaarhede en vars Bybelse inspirasie. Op ons voorblad vier Jean en Willianna Symons saam met Doxa Deo 30 jaar van God se genade. Hulle deel hoe hulle voortbou op ’n sterk geestelike nalatenskap, waarom spanwerk en eenheid so belangrik is, en hoe gewone gelowiges toegerus kan word om Jesus sigbaar te maak waar hulle leef en werk.
Binne hierdie uitgawe kyk ons na wat ware leierskap onderskei, waarom jy reeds ’n leier is en waarom dit soms nodig is om die moed te hê om eerste op te tree. Ons gesels ook oor geloof en bekommernis, hoe om aksie by jou geloof te sit, waarom kwesbaarheid deel van geestelike groei is, en hoe gebed, lofprysing en die regte ingesteldheid jou perspektief kan verander.
Jy sal ook aangrypende getuienisse lees van God se getrouheid wanneer die lewe onverwags verander. Van ’n gesin wat deur ’n ernstige diagnose moes stap, tot gelowiges wat vasgestaan het te midde van aardbewings, sendingwerk in Tanzanië en verhale van nuwe lewe uit gebrokenheid. Daar is ook huweliksraad, Bybelse lering, skeppingswaarhede, boekresensies en al jou gereelde gunstelinge.
Moenie hierdie uitgawe misloop nie. Kry JUIG! Tydskrif nou by toonaangewende supermarkte landswyd, of koop dit aanlyn by joygifts.co.za in druk- of digitale formaat.
Artikels in hierdie uitgawe:
VOORBLADARTIKEL:
– Jean & Willianna Symons bou voort op 30 jaar van genade
ARTIKELS:
– Die wonder van God se genade
– Die tuin onder die graf
– ’n Fakulteit wat omgee – Noordwes-Universiteit
– Hoe lyk die profiel van besonder suksesvolle leiers?
– Jy is ’n leier!
– Die moed om eerste op te tree
– Avodah: Nie net nog ’n oorbruggingsjaar nie
– Die drie salwings – Rudi Briel
– Lewensgroei: Die geestelike dissipline van kwesbaarheid
– 10 dinge wat ek wens ek in my eerste huweliksjaar geweet het
REEKSE:
– God se vingerafdrukke: Kyk na die mier
– Het jy geweet?
– Karakters van die Bybel: Esegiël
SENDING EN GETUIENISSE:
– ‘Die Koning maak die laaste skuif’ – Getuienis
– FEBA vier 80 jaar van wonders!
– Uit gebrokenheid, nuwe lewe
– Vaste geloof te midde van Venezuela se aardbewings
– Niemand behoort alleen swaar te kry nie
– Die krag van ’n positiewe ingesteldheid
RUBRIEKE:
– Geroep om te dien – Redakteursbrief
– ’n Nuwe seisoen, dieselfde roeping – Anjoné Butler
– Die verskil tussen geloof en bekommernis
– Die 5 Koninkryk-sleutels tot sukses – Hykie Berg
– Almal stres tog of nie? Maretha Maartens
– ’n Kleed van lofprysing – Herman de Kock
– Sit aksie by jou geloof – Pickard Henn
– Skryf jou gebede neer
GEREELD:
– Briewe aan die redaktrise
– Soek die woord
– Blokraai
– Toets jou Bybelkennis
– Inkleurpret
– Vra Val: Bybelse antwoorde op moeilike vrae
– Boekresensie: Die Nuwe Testament




