Op toer met baba en die band!

Johan Brits, die “I” van die gewilde gospel-musiekgroep, Frank and I, is al 13 jaar lank betrokke in die Christelike musiekwêreld en het destyds as nuweling sy debuut op Gospel Skouspel gemaak.

Johan is in September 2021 met die donkerkopliefde van sy lewe, Elzaan, getroud. Ons het met die paartjie gesels wat intussen ook die ouers van ’n pragtige babadogtertjie geword het.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!