Jesus verwag nie baie nie – Hy verwag álles!

“Ná gebed en vas het ek besluit om die diensjaar vir Christus te doen: To live a life that can change the eternity of someone else, want Jesus verwag nie baie nie. Hy verwag alles! En daarom, voor ek eendag weer self wyn maak, wou ek hierdie jaar by die Een leer wat water in wyn verander het; die Een wat nuwe wyn uit my kan voortbring.” Karli du Toit is vanjaar ’n studenteleier en mentor by Koinonia Discipleship Training Academy (KDTA) en getuig in hierdie artikel oor haar ervaring in 2023 as student tydens die Diensjaar vir Jesus by KDTA se kampus in Mosselbaai.

 Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Lewe lig, gooi die laste af

Lewe jou kinders lig of dra hulle swaar? Ervaar hulle vrede, vreugde en liefde? Justine Pike verduidelik in hierdie artikel hoe om te werk te gaan om ons kinders oor sonde, vergifnis en Christenskap te leer. “Verduidelik dit so vir jou kind: Dit is soos om ’n rugsak te dra. Met ’n leë rugsak op jou rug kan jy vinnig hardloop en ver stap, maar as dit vol swaar goed gepak is, gaan jy swaar dra en vinnig moeg word … Net Jesus kan gewigte uit rugsakke uithaal…”

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Die singulariteit (singularity)

Die singulariteit is ’n Hipotetiese punt in die toekoms waar tegnologiese ontwikkeling onbeheerbaar en onomkeerbaar word. Met die opmars van kunsmatige intelligensie- (KI-)programme soos ChatGPT, bevind ons onsself op die spits van ’n rewolusie wat jare lank al deur wetenskapfiksie voorspel word. Stel jou ’n oomblik voor wanneer KI menslike intelligensie oortref, wat lei tot ongekende veranderinge in ons beskawing. Gaan dit ’n seën of ons ondergang wees? Wat is die risiko’s daaraan verbonde? Wat is die Christelike perspektief daarop?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Elza Meyer – ‘Suid-Afrika, ons kan nie dood spreek en lewe verwag nie’

In ’n gewigte besluit het Elza Meyer, die stigter van Turn to God, skrywer en predikant wat bekend is vir haar impakvolle Ester-konferensies, vyf jaar gelede haar tasse gepak en haar bediening en familie in Suid-Afrika agtergelaat om aan haar man se sy te wees in Saoedi-Arabië. Nou is hulle terug in Suid-Afrika en kan Elza getuig van ’n geloofreis in die vreemde en deur groot gesondheidsuitdagings om op haar kenmerkende manier woorde van hoop te spreek.

Oor God se plan vir ons land sê sy: “Ons moet bid as ons resultate wil sien. Ons kan nie dood spreek en lewe verwag nie; niemand wat kakiebos saai, oes mielies nie.”

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!