God is ’n Vader vir die vaderlose

Die kranige rugbyspeler, atleet en onderwyser, Heinrich Gabler, het in 2019 bekendheid verwerf toe hy as die nuwe Mnr. Suid-Afrika aangekondig is. Spoedig het talle artikels verskyn wat vertel hoe hy as ’n tienjarige seuntjie sy ma in ’n motorongeluk verloor het en as ’n weeskind in ’n kinderhuis grootgeword het.

Daar is egter baie meer agter hierdie verhaal en Heinrich het ’n kragtige getuienis oor sy diep ontmoeting met die Here en God se beskuttende hand in sy lewe. Hy vertel self in hierdie artikel dié roerende verhaal.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hom te lees.


Is die skrif aan die muur vir Israel?

In April was die staat Israel amptelik 73 jaar oud, maar dit het onlangs nog ’n geskiedkundige mylpaal gehaal. Dit het ’n nuwe regeringskoalisie gevorm wat vir die eerste keer ooit Moslems en die Verenigde Arabiese Unie insluit.

Niks maak sin nie. Die linkses wou nooit met die regses saamwerk nie; die Arabiere wou nooit met die linkses óf regses saamwerk nie en om ’n man die eerste minister te maak wat net sewe setels uit die 120 verower het, is ’n grap. Die enigste faktor wat hulle verenig, is dat hulle nie van Netanyahu hou nie. Die haat vir hom is groter as hulle liefde vir hul land.

Lees gerus hierdie artikel in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is, om ingelig te bly oor wat tans in Israel aan die gebeur is.


Die nuwe Wapenwet: ’n Bybelse ontleding

Die onderliggende redenasies ten gunste van geweerbeheer blyk te wees dat die beskikbaarheid van wapens misdaad veroorsaak. Dit is egter nie die Bybelse standpunt nie. Dit is die moordenaar se hart wat die probleem is, nie die wapen wat gebruik word nie.

Die Wet van God lê ook die basiese reg op selfverdediging vas. Enigeen is geregverdig om homself of sy gesin te verdedig wanneer hulle aangeval word of hulle lewens in gevaar is.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer tee lees oor wat die Bybel hieroor te sê het.


Die Wet en die seën van God

Jesus sê in Openbaring 22:12: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het.” Hoe ons lewe, is dus belangrik vir Jesus. “Salig [geseënd] is die wat sy gebooie doen” – Openbaring 22:14 (OV).

Hier sien ons duidelik dat daar ’n beloning is om reg te lewe en die Here te gehoorsaam. Daar is ewige belonings vir die lewe wat ons op aarde geleef het. Die vraag is: Kan ek ook die seën van God geniet terwyl ek nog op die aarde is of is dit net vir my beskore wanneer ek eendag in die Hemel kom?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om uit te vind wat die Bybel hieroor sê.