Is jy besig om uit te brand?

Uitbranding word gedefinieer as ’n toestand van liggaamlike, emosionele en geestelike uitputting wat veroorsaak word deur langdurige stres en deur jou te oorwerk. Dit kan enigiemand raak, ongeag hul beroep of lewenstyl.

Evalueer jouself aan die hand van hierdie artikel en let veral op die vroeë waarskuwingstekens…

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Die toekan kan! Want God het dit so ontwerp

Wie het hulle nog nie verwonder aan die groot, kleurvolle snawel van ’n toekan nie? Dit is die grootste snawel-tot-liggaam-ratio van enige voël ter wêreld. Die snawel maak ± een derde van die voël se liggaamslengte uit! Met die helderkleurige, disproporsioneel groot snawel lyk die toekan kompleet soos iets uit ’n Dr. Seuss-boek.

Maar hierdie besonderse voëls is nie inwoners van ’n fiktiewe storieboekwêreld nie, hulle is inderdaad deel van ons wonderlike planeet.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Die huwelik: meer as net ’n stuk papier

Die instelling van die huwelik is ’n kragtige bewys wat die waarheid van die Christelike wêreldbeskouing steun. Die huwelik is beslis nie “nutteloos” nie en is iets wat deur basies elke kultuur deur die geskiedenis heen erken en beoefen word. Waarom sou dit die geval wees as dit geen doel dien nie?

Genesis verduidelik hoe die konsep van die huwelik gewortel is in die manier waarop God die wêreld ontwerp het. Lees in hierdie artikel hoekom die huwelik saak maak.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Lynette Beer – Kleurvolle Koningskind

Lynette Beer is ’n vrolike pretmens, met ’n glimlag wat die wêreld ophelder. Talle van ons ken haar vir haar persoonlikheidsevaluasies, -kursusse en boeke gebaseer op die vier verskillende “temperamentkleure” – rooi, geel, blou en groen – maar wie is die volkleurmens agter die sielkunde? Is sy altyd so vrolik en bly? Het sy ook slegte dae en wie is die Here vir haar?

Vind meer uit oor haar kinderjare, die groot keerpunt in haar lewe en die opwindende nuwe aanlyn platform asook haar splinternuwe boek, Die vier kleure van die Bybel, wat binnekort beskikbaar sal wees.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!