Mag Christene Ozempic Neem Om Gewig Te Verloor?

Vetsug (en oorgewig wees) is lank reeds deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) geïdentifiseer as ’n ernstige openbare gesondheidskwessie en ’n groeiende wêreldwye epidemie. Jaar na jaar word die statistieke meer kommerwekkend. Volgens die WGO het vetsug onder volwassenes wêreldwyd meer as verdubbel sedert 1990, terwyl vetsug onder tieners verviervoudig het. In Suid-Afrika is ongeveer die helfte van alle volwassenes oorgewig of vetsugtig, met 68% van vroue en 31% van mans wat in hierdie kategorieë val. Wat nog meer kommer wek, is dat 13% van kinders onder vyf jaar in Suid-Afrika as oorgewig geklassifiseer word…
om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!


Die Vloed Van Noag Se Tyd: Was Dit Werklik Wêreldwyd?

Die Bybel gee vir ons die afmetings van ’n groot boot, gebou deur Noag, met instruksies van God. Dit was omtrent die helfte so groot soos ’n moderne vragskip. Volgens skeepsontwerpspesifikasies was die afmetings presies wat nodig was vir maksimum stabiliteit, nie vir beweging vorentoe nie. Volgens datums wat in die Bybel gegee word, kan ons bereken dat die vloed ongeveer 2 456 v.C. plaasgevind het. Dit is waarskynlik dat Noag self die verslag geskryf het, aangesien argeologie bewys het dat spykerskrif op kleitablette al van minstens 3 200 v.C. af bestaan het…
om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!


Karakters Van Die Bybel: Lasarus

Die opwekking van Lasarus uit die dood is een van die mees merkwaardige gebeurtenisse in die Skrif. Hierdie buitengewone voorval gee ons ‘n voorsmakie van die opstandingskrag van Jesus wat binnekort geopenbaar sou word. Jesus het Judea pas verlaat om aan die ander kant van die Jordaanrivier te bedien (Joh 10:40), toe Hy die nuus ontvang dat sy vriend Lasarus siek is. Lasarus se susters, Maria en Marta, stuur ‘n boodskap na Jesus met die hoop dat Hy hul broer kan genees. Tog talm Jesus nog twee dae voor hy terugreis na Betanië. Teen die tyd dat Jesus daar aankom, is Lasarus reeds vier dae lank dood en in die graf (Joh 11:17). Hoekom het Jesus nie dadelik teruggegaan na Judea om Lasarus te genees voordat hy gesterf het nie?
om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!


Riana Nel Terug In Die Ateljee: ‘Ek Wou Onttrek En Opgee, Maar Die Woord Moedig My Aan.’

Riana Nel is in die middel van ’n hittegolf so net na 12-uur die middag in November 1982 in Windhoek, Namibië gebore. Reeds as klein dogtertjie het sy die Here geken en liefgehad. In 2000 het sy die musiekwêreld soos ’n storm getref toe sy die gesogte Crescendo-prys gewen het. Daarna het sy behoorlik en op verskeie maniere in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf wortelgeskiet. Vandag is Riana nie net bekend as ’n talentvolle sangeres nie, maar ook ’n besonder begaafde liedjieskrywer met ’n unieke vermoë om, dikwels selfs op die ingewing van die oomblik, lirieke en melodie op roerende wyse saam te weef. Riana se identiteit en kreatiewe uitdrukking is diep gewortel in haar geloof. Haar opregtheid en bereidwilligheid om haar hart en haar lewe – die op en die af en die tussen-in – met haar gehoor te deel, stel haar in staat om op ’n diep vlak met mense te verbind…
om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!