Word ‘n Beter Jy

Gemaak om middelmatig te wees nie. Hy wil meer in en deur jou doen as wat jy ooit kan dink. Of dinge nou met jou baie goed gaan en of dinge besig is om inmekaar te stort, ons almal smag altyd na iets beter. Ons wil almal meer effektief in die lewe wees. Ons wil graag beter ouers, werknemers, eggenotes en Christene wees. Die vraag waarmee almal van ons dikwels worstel, is: ‘Hoe?’

BLY VORENTOE KYK
Te veel mense leef nie volgens hul potensiaal nie. Hulle is doodtevrede met die suksesse van die verlede en is heel gemaklik met die lewe wat hulle lei. God is ‘n progressiewe God – dit maak nie saak wat ons alreeds bereik het nie, God het vir ons nog meer in gedag-te! Hy wil nie hê dat ons moet ophou groei nie – hy is nie ‘n God van stagnasie nie! Ons moet altyd daarna streef om nuwe hoogtes wat betref vermoëns, geestelike wandel, finansies, loopbane en persoonlike verhou-
dings te bereik. As jy ‘n onderwyser is; dan het jy nog nie jou beste les gegee nie. Indien jy ‘n sakeman is; dan het jy nog nie vir die beste transaksie ooit onderhandel nie. Jou beste dae lê nie agter nie, maar voor jou.
Raak ontslae van lae verwagtings en moenie plannetjies vir jou lewe maak nie. Jy is ‘n kind van die Allerhoogste God en jy het alles tot jou beskikking om jou Godgegewe doel te bereik. Hy het jou reeds met al die talente, kreatiwiteit, dissipline, wysheid en vasberadenheid gemaak wat nodig is. Jy beskik reeds oor die potensiaal en is gemaak om uit te blink. Daar is geen beperking op wat jy kan bereik nie; jy moet ontslae raak van selfvoldaanheid en reik na die volgende vlak. “…elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was.” Ps 139:16.

WEES POSITIEF OOR JOUSELF
Dit is so maklik om vas te steek by al jou mislukkings van die verlede. Ons sê maklik vir onsself dinge soos: “Ek moes meer tyd saam met my gesin spandeer het” of ons hoor stemmetjies in ons koppe wat sê: “Jy het gegee, maar nie genoeg nie.” Deur na hierdie negatiewe gedagtes te luister, word ons beïnvloed om skuldig, veroordeel en baie ongelukkig in onsself te voel. Ons verloor ons vreugde en selfvertroue en dit is presies wat die vyand wil hê.

AANVAAR GENADE
Ons moet ophou om onsself te verkleineer. Ons kan nie vir altyd skuldig bly voel oor iets wat ons gister gedoen het nie. Ons kan nie die verlede verander nie, maar ons moet vandag in oorwinning leef, nie in veroordeling nie. Gaan onmiddellik na God toe en sê: “Vader, ek is jammer. Ek bely. Help my om dit volgende keer beter te doen.” Dan moet jy Sy vergifnis en Genade ontvang en aangaan met jou lewe. Jy mag dalk voel dat jy dit nie verdien nie, en die waarheid is dat niemand van ons dit verdien nie, maar dit is waaroor Genade gaan. In onsself is ons dit nie werd nie, maar omdat Jesus die offer aan die kruis gebring het, is God se Genade meer as genoeg vir enige sonde wat ons gepleeg het.
Dit maak nie saak hoeveel sonde jy gepleeg het nie, die Vader staan vir jou en wag – net soos in die gelykenis van die Verlore Seun. Indien jy ver weg is van waar jy ver-onderstel is om te wees; dan is dit nodig dat jy weet God wag op jou en die oomblik wat jy ‘n tree nader aan Hom gee, sal Vader na jou toe ‘hardloop’. Onthou, God se Genade is meer as genoeg vir jou, dit maak nie saak watter sonde jy begaan het nie.

ONTWIKKEL BETER VERHOUDINGS
Indien jy wil hê jou lewe moet in waarde toeneem en beter word, moet jy help om iemand anders s’n te verbeter. As jy iemand anders help om suksesvol te word, sal God jou suksesvol maak. Die meeste mense sal nooit hul volle potensiaal bereik sonder dat iemand in hulle glo nie. Juis daarom moet ons altyd mense aanmoedig, opbou en uitdaag om nuwe hoogtes te bereik. Wanneer mense van ons af wegstap, behoort hulle beter daaraan toe te wees, as voordat hulle met ons in aanraking gekom het.

BEMOEDIG ANDER
Neem tyd en maak ‘n verskil. Moenie net vasgevang wees in hoe jy jou eie lewe kan verbeter nie – dink ook aan maniere om ander mense se lewens te verbeter. As jy iemand bemoedig, moenie gefikseer wees op wie of wat hulle op die oomblik is nie; dink liewer aan wie of wat hulle kan word. Sien die potensiaal raak. Hulle mag dalk verkeerde gewoontes hê, hulle mag dalk dinge doen waarvan jy glad nie hou nie, maar moet hulle nie daaroor afskryf nie. Vind liewer ‘n manier om hulle aan te spoor tot beter dinge. ‘n Mens spoor nooit iemand tot beter hoogtes aan deur te veroordeel en te kritiseer nie. Jy doen dit deur liefde. Vind iets wat hulle reg doen en bemoedig hulle daaroor. As jy iemand hanteer soos wat jy graag wil hê hulle moet wees, sal hulle baie eerder daardie soort persoon word. Iets wat God baie na aan die hart lê, is hulp aan ander.

VORM BETER GEWOONTES
Jou gewoontes, goed of sleg, sal jou toekoms in ‘n groot mate bepaal. Navorsing het ge-toon dat 90% van ons alledaagse gedrag op ons gewoontes gebaseer is; hoe ons mense behandel, hoe ons ons geld spandeer, wat ons kyk, waarna ons luister – 90% van die kere doen ons net wat ons nog altyd gedoen het. Indien jy jou lewe wil verander; dan moet jy begin deur doelbewus jou daaglikse gewoontes te verander. Jy kan nie dieselfde dinge doen as voorheen en ander resultate verwag nie.
Is jy altyd laat vir werk? Is jy altyd bekommerd? Eet jy te veel? Gee jy dikwels in as versoekings oor jou pad kom? Dit kan selfs iets so eenvoudig wees as om die regte houding te hê. As jy nie jou onproduktiewe gewoontes verander nie, kan jy vir jare tyd en energie mors en dit is beslis nie God se beste nie.

JY KAN VERANDER
Die goeie nuus is dat jy kan verander. Jy kan beslis beter gewoontes ontwikkel. Die meeste studies oor gewoontelike gedrag dui aan dat ‘n gewoonte binne 21 dae tot 6 weke gebreek kan word. Met ander woorde, as jy jouself vir ongeveer ‘n maand dissiplineer en bereid is om deur die pyn van verandering te gaan, kan jy jouself van negatiewe gedrag bevry, ‘n nuwe gesonde gewoonte aankweek en tot ‘n hoër vlak van persoonlike vryheid styg. “Jy kan dalk sê: ‘Ek mag nou enigiets doen.’ Maar ek sal daarop antwoord: ‘Nie alles is vir jou goed nie. Selfs al sê jy ‘ek mag enigiets doen.’ 1 Kor 6:12. Ons gewoontes word deel van ons karakter.
As jy jouself toelaat om ongeorgani¬seerd te wees, of altyd laat is, sal dit deel word van wie jy is. Die eerste stap na ver¬andering is om vas te stel wat dit is wat jou terughou. Identifiseer slegte gewoontes en neem dan ‘n besluit om iets daaromtrent te doen. Dit is belangrik om vir elke gewoonte wat jy wil breek, ‘n nuwe, gesonde gewoonte te identifiseer wat die plek van die slegte gewoonte moet inneem. Jy kan byvoorbeeld nie sommer net ophou om bekommerd te wees nie. Jy moet die negatiewe gedagtes met positiewe, geloofgevulde gedagtes vervang. Moenie langer uitstel nie – vandag kan die begin wees van iets nuuts!

GRYP DIT AAN WAAR JY NOU IS
Jy mag dalk nie op ‘n wonderlike plek in jou lewe wees nie, maar om te baklei en jou huidige situasie te probeer ontduik, is nie die regte ding nie. As ons regtig glo dat God in beheer is en ons elke tree beheer en rigting gee; dan moet ons glo dat ons nou daar is waar God ons wil hê. Ons moet begin om ons lewens aan God oor te gee deur te bid: “Here, ek vertrou U. Ek weet U is in beheer van my lewe. Ek mag dalk nie nou verstaan wat aan die gang is nie, maar ek glo U het net my beste belange op U hart.”
RUS IN HOM
Die Woord sê: “Wees stil en weet Ek is God!” Ps 46:11. Jy moet vrede maak met waar jy nou is. Dinge is moontlik nie perfek nie. Jy mag dalk sekere gebiede in jou lewe hê wat moet verbeter, maar as jy op ‘n plek kan kom waar jy vrede het; dan sal God jou gevegte vir jou veg. Hy kan enige negatiewe situasie in ‘n positiewe een verander. Hebreërs 4:3 sê: “Net as ons glo, kan


Waarom Is Die Kerk Stom?

Die openbare en regeringsdebat oor God wat ek onlangs in die Oos-Kaap bygewoon het, was in vele opsigte verrassend. Dit is deur die Daily Dispatch en die Universiteit van Fort Hare gereël.
Die hooftema wat uit die debat voortgespruit het, was die tragiese afwesigheid van die Kerk van Jesus Christus in die lewe van ons mense. Feitlik elke deelnemer se vraag was: “Waar is die Kerk?” Nadat die getuienisse van die daaglikse gruwelstories van die gewone man op straat aangehoor is, moet toegegee word dat die tragiese afwesigheid van die Kerk om in te gryp in sosiale en openbare sake, ‘n tragedie is.
Verteenwoordigers het erken dat Suid-Afrika se probleme die resultaat van die erosie van fundamentele waardes in die samelewing en die oorheersing van liberale, sekulêre humanisme in openbare beleid is.

DIE KERK ONTTREK
Daar was ‘n duidelike oproep vanuit alle oorde vir die Kerk om meer betrokke te raak in alle aspekte van die samelewing. Christene het hul frustrasie, hopelose gevoel en selfs wanhoop laat blyk met die toename van boosheid in hul woonbuurte, terwyl die Kerk een glanskonferensie na die ander aanbied. Sprekers van aansien word met groot koste van ander lande ingevlieg; al wat dit tot gevolg het, is die opwinding van ‘n paar dae en die omliggende gebiede vind feitlik geen baat by die ‘oordaad’ nie.
Sedert die geboorte van demokrasie in 1994, het die Kerk teruggetrek in hul selfgeskepte ghetto’s. Dit wil voorkom asof die Kerk toegegee het aan die valse ideologie wat deur die spreekbuise van humanisme by monde van die sekulêre aard van Suid-Afrika se grondwet verkondig word. Wat die grondwet in effek doen, is om gelowiges uit die politieke debat uit te sluit.
Dit is insiggewend dat die humanistiese intelligentsia se belofte op ‘n utopia skandelik gefaal het. Die sogenaamde ‘menseregte’ waarna daar in die grondwet verwys word, het ‘n selfsugtige, materialistiese gemeenskap tot gevolg. Post-apartheid Suid-Afrika het toe nie in die vrye, sorgsame en ver¬antwoordelike gemeenskap verander wat so baie in die vooruitsig gehad het nie. Alle wette is oorboord gegooi, asook waardes en beginsels wat God vir ons eie beskerming daargestel het. Die gevolg is dat die land kreun onder die toenemende aanslag van misdaad, geweld, korrupsie, seksuele immoraliteit en die verval van die gesin en dit is op die oomblik alles ‘n be¬dreiging vir die land se suksesvolle toekoms.
Die huidige debat oor die wettiging of dekriminalisering van prostitusie is maar één kwessie wat bogenoemde bevestig. Ten spyte van die verskriklike gevolge van gewettigde prostitusie op vroue, kinders en die algemene gemeenskap, argumenteer sekulêre humaniste, in hul saak ondersteun deur die liberale media, dat dit nie ‘n morele kwessie is nie. Net soos huwelike tussen persone van dieselfde geslag, aborsie op versoek en die toename van pornografie, is dit, volgens hulle, ‘n menseregte-kwessie. Die destruktiewe gevolge van hierdie beleide op die gesin in die besonder, en ook die groter sosiale gemeenskap, gaan skynbaar by die voorstaanders van hierdie dinge verby.

KERK SE MANDAAT
Die morele verval wat Suid-Afrika op dié stadium deurtrek, is die direkte gevolg van die totale afwesigheid van Kerkbetrokkenheid in ons land.
Sedert die grondwet in 1996 onderteken is, het die sekulêre huma¬niste die liberale media ondersteun in ‘n veldtog van totale misleiding deur die feit dat godsdiens nie in politiek hoort nie, te verkondig. Die Christendom is blameer vir Apartheid en die ultra-liberale grondwet is verhoog tot die absolute mag wat Suid-Afrika se redding sou wees.
Dit het nou dringend tyd geword dat die Kerk sy opdragte direk van die Opperbevelvoerder, Jesus Christus, sal neem en nie van enige ander buite-invloed nie. Humanisme het die bevolking beroof van egte vryheid, vryheid wat in die Woord verkondig word en moontlik is deur Jesus Christus. Dit moet beslis nie net gepredik word nie, maar moet op elke gebied aktief gedemonstreer word. Die vraag bly nou: “Sal die Kerk van Jesus Christus die geestelike onderskeiding hê wat nodig is om die hartskreet van die land akkuraat te beoordeel en daarop te reageer soos net die Kerk kan?”


Geblikte Leeujag: ‘n Nasionale Skande

Chris Mercer is ‘n afgetrede advokaat van die Hooggeregshof van Zim-babwe met 20 jaar regservaring. Hy is ook die stigter van Kalahari-roofvoël en roofdiersentrum, ‘n wildreservaat van 600 hektaar naby Kuruman wat sedert 1998 ‘pragtige, intelligente en lieftallige diere’ soos impalas, elande, arende, uile, aasvoëls, bakoorjakkalsies, jakkalse en ystervarke red en rehabiliteer.
Saam met die red en versorging van wees- en beseerde diere, is Chris en Bev betrokke by omgewingsopvoeding. Honderde skoolkinders besoek dié sentrum jaarliks.

SKOKKENDE FILMKNIPSELS
Terwyl ek en my gesin op pad was om Chris en Bev in Wildernis te ontmoet, het ek oor Chris se agtergrond opgelees. Chris is ‘n afgetrede verhooradvokaat, die outeur van ‘For the Love of Wildlife’ en ‘Canned Lion Hunting – A National Disgrace’ en ook die leier van die veldtog teen ‘geblikte jag’ (www.cannedlion.org).
Ons is hartlik deur Chris, Bev en al hul pelsvriende ontvang. Dit was ‘n vreugde om hul foto’s en filmknipsels van wonderlike wild wat gered, gerehabiliteer en weer in die natuur vrygelaat is, te sien.
Alhoewel die natuurlewe en die welsyn daarvan hul passie is, wou Chris ons inlig oor die ‘geblikte-leeujag-skandaal’ in Suid-Afrika. Hy het ons skokkende filmknipsels gewys waar die mooiste leeumannetjies op die grond lê, geskiet deur een of ander ‘trofeejagter’ – met die kampdraad nog duidelik agter hulle sigbaar.
Ons wildlewe geplunder
“Ons het natuurlik nie een van die foto’s self geneem nie,” het hy verduidelik. “Hierdie is alles videoknipsels wat deur die jagters self verfilm is. Sommige hiervan het ons van hul advertensiewebwerwe, waarop hierdie wreedheid wyd adverteer word, afgelaai.”
Chris verduidelik: “Geblikte jag is die jag van ‘n dier waar die teiken onregverdiglik verhoed word om enigsins van die jagter te ontvlug deur óf fisieke beperkings (hei-nings) óf geestesbeperkings (gewoond aan mense).”
Maar iemand sal tog sekerlik nie ‘n leeu in gevangenskap of ‘n mak leeu skiet nie? Watter uitdaging of eer lê daarin opgesluit?
Dit kan tog sekerlik ook nie wettig wees nie? Chris het aan my sy boek ‘Canned Lion Hunting’ oorhandig asook sy voorlegging aan die regering. “Die nuwe jagregulasies is niks anders as ‘n uitgebreide skakeloefe-ning nie. Daar was net nooit enige intensie om hierdie wreedheid te stuit nie; wat ons dus het, is ‘n formule van vroom, ontoepasbare versugtinge – ontwerp om openbare kritiek te onderdruk.
Die resultaat? Pyn en dood vir die dier en die absolute plundering van ons wildlewe. Hierdie is ‘n groot morele krisis wat naarstiglik geïgnoreer word.” Die nuwe jagregulasies lyk uiters indrukwekkend op papier, maar kyk net wie moet sorg dat dit toegepas word – dieselfde bewa-ringsbeamptes wat in die eerste plek die probleem veroorsaak het! Einstein het mos gesê: “Probleme kan nie op die vlak waar dit ontstaan het, opgelos word nie.” Net die uitskop van die natuurbewarings-
dienste en die jagskobbejakke wat in na-tuurbewaringsuniforms rondloop, sal hier-die wreedheid kan stop. Om nou van dié skobbejakke te verwag om die nuwe wette toe te pas, is net so belaglik as om Al Capone se trawante te vra om sy aktiwiteite te monitor. Om hierdie ‘jagters’ enigsins aan te stel, is dieselfde as om verkragters die opdrag te gee om ‘n meisiekoshuis op te pas!

losse standaarde heers
Dit is bloot net bedryfselfregulering in ‘n nuwe vermomming. So eerder as om die wreedheid stop te sit, vererger hierdie nuwe regulasies bloot die doodmaak van wilde diere in gevangenskap – en dit vir winste in swart bemagtigingsgroepe se sakke. Chris het my ook meer fotobewyse en dokumentasie gewys. “Suid-Afrika se Natuurbewaringsbeamptes is almal betrokke. Kyk maar net na die fragmentering van ons bewaringstrukture, die gebrekkige demokratiese proses, die skuiwergate en die los standaarde, die baantjies vir boeties, die onbevoegdheid, etiese ongeletterdheid en die wreedheidskultuur.”

BUROKRATE ONS TEENSTANDERS
Chris wys daarop dat Kenia al 30 jaar gelede trofeejag verbied het. Toe jagters onlangs probeer het om politici om te koop en versoek het dat die verbod opgehef word, is hy en ander wildbewaringskundiges genooi om voorleggings te maak. “Al die Keniaanse regeringsamptenare en bekommerde inwoners was daar. En hulle het geluister. Kenia het ‘n demokratiese proses. Wat ons hier in Suid-Afrika het, is ‘n totale bedrogspul.
Daar word geweier om die publiek se bekommernisse aan te spreek. Daar word baie duur burokratiese laste op wettige natuurbewaringsentrums en reservate gelê, maar hierdie ‘blikjagters’ word nie aan bande gelê nie. Ons oorblywende wildlewe-erfenis word uitgelewer aan die persone wat dit beskadig het. Die natuur-
bewaringsdiens is erg korrup en ook bekend vir korrupsie. Hierdie nuwe wette sal absoluut niks doen om geïnstitusio-naliseerde wreedheid teenoor wild te staak nie. Hulle voer bloot bloedvergieting en ellende teenoor ons diere in en maak ons bewaringsdienste korrup.”
Chris wys daarop dat sy veldtog teen ‘geblikte jag’ enorme teenstand ondervind, “somtyds vanuit die verrassendste oorde, en dit sluit gesaghebbendes en bewaringsgesindes in.”

KERK BLY STIL HIEROOR
Kelcey Grimm en Gregory Mitchell van Enkosini Wildlife Sanctuary (‘n geregi-streerde Suid-Afrikaanse Trust en diere-beskermingsprojek van die Leeu Stigting) het 8 leeus van die ‘blikindustrie’ gered en moes toe ‘n baie lang hofgeveg aangaan om hierdie leeus se reg op lewe in die gerief en beskerming in ‘n groot omheinde stuk wildernis te verseker. Die Mpumalanga Parkeraad het geweier om aan die Trust permitte toe te staan om die leeus te hou en Enkosini moes, na ‘n uitgerekte regsgeding, in die Hooggeregshof appél aanteken.
‘Geblikte leeujag’ het baie geskille in Suid-Afrika veroorsaak. Die verwydering van wilde diere uit hul natuurlike habitat vir teling in gevangenskap (net om massaproduksieteikens vir welgestelde buitelanders wat hierdie manjifieke diere wil skiet, te word) het verreikende morele implikasies. Chris Mercer het my gevra: “Waarom bly die Kerk stil oor hierdie saak?”

ELKE CHRISTEN SE PLIG
Chris wys verder op ‘n toegewyde Afrikaanse Christen-boeregesin, die Van der Merwes, oor wie hy skryf in ‘For the Love of Wildlife’, wat al baie gedoen het om wilde diere te red en te rehabiliteer. Hy vra: “Wat maak van die Van der Merwes die uitsondering eerder as die reël? Ons sal graag wil weet waar die Kerk en die gemeentes staan ten opsigte van ons heerskappy oor die die¬reryk. Ons sal graag wil hê die Kerk moet ons ondersteun in ons pogings om teling in gevangenskap en blikjag te verban.”
Chris sal graag wil hê dat Christene aan hulle sinodeverteenwoordigers skryf en vra om na die aanbieding oor die ‘geblikte leeuskandaal’ te kyk. “Ons hoop alle Kerke sal hul sterk uitspreek teen die wreedheid teenoor diere.”
verdere ondersteuning
Ander wildbewaringsgesindes ondersteun Chris Mercer se standpunt openlik.
Beryl Scott, Nasionale Voorsitter van Beauty Without Cruelty (‘n internasionale welsynsorganisasie wat al langer as 29 jaar aktief in Suid-Afrika is) het geskryf: “Ons is veral geskok deur die feit dat die diere in afgekampte areas gehou word sodat hulle geskiet kan word. Dit is nie net moreel onregverdigbaar nie, maar ook hoogs oneties.”
Gareth Patterson, baie bekende Afrika-natuurkundige en outeur van ‘Last of the Free’ en ‘With My Soul Amongst Lions’ het geskryf: “Trofeejag van beskermde wild is nie net eties en moreel verkeerd nie, dit veroorsaak ook groot ekologiese implikasies…en erosie van die algehele genetiese diversiteit van die bepaalde spesie.”

Louise Joubert, stigterstrustee van Suid-Afrika se SanWild Natuurlewe Trust het gesê: “Ongelukkig het die konsep van sogenaamde volhoubare benutting in Suid-Afrika ontaard in blatante uitbuiting van wilde diere, onder andere bedreigde en raar spesies.
Ons vertrou dat die toenemende onetiese en onwettige jagpraktyke in Suid-¬Afrika die internasionale bewaringsgemeenskap sal motiveer om druk op Suid-Afrika te plaas om ons bewaringsverantwoordelikheid dringend te ondersoek en ernstig op te neem.”
Paul Hart van die Drakenstein Leeupark skryf: “Wat verontrustend is oor die hele voorgestelde wetgewing, is dat dit in wer-king gaan tree met skynbaar geen ag op kwessies wat geopper is tydens die proses van openbare deelname of die wette wat die proses regeer nie.
Die hele konsep van die jag van roof¬diere in gevangenskap as ‘lewensvatbare gebruik’, is bedrog.” Mnr. Hart wys verder daarop dat baie ander internasionale welsynsorganisasies ‘n toerismeboikot na Suid-Afrika sal onder¬steun indien die hele ‘ge¬blikte jag-saga’ voortgaan. So ‘n aksie sal ‘n negatiewe invloed op alle Suid-Afrika¬ners hê.
“Hoe lank moet hierdie land nog treur? Selfs die grasvelde het verdroog. Die diere en die voëls het ook verdwyn weens die sonde van die inwoners van die land.” Jer 12:4.
In die lig van die duidelike onderwy¬sing uit die Woord oor die Skepping en die mens se verantwoordelikheid in dié verband, moet ons diere met liefde en begrip hanteer as mense wat aan God ver¬antwoording moet doen in hierdie verband. Ons moet besef dat die welsyn en beskerming van diere ‘n belangrike deel van die Christen se verantwoordelikheid is. Ons moet alles moontlik doen om hierdie diere se welsyn te verseker, diere wat, soos onsself, die aarde geërf het en sodoende die skeppingsvreugde en doel van ons Almagtige God vervul.

WAT KAN ONS DOEN?
Indien u Kerk of organisasie belangstel om meer uit te vind oor ‘geblikte jag’ in Suid-Afrika, kan u vir Chris Mercer kontak. Hy is beskikbaar vir aanbiedings met bygaande ondersteunende skyfies en videos. Na die aanbieding sal die onderwerp oop wees vir bespreking. Sy boek sal ook beskikbaar wees (R150 elk).
Vir verdere inligting, skakel Chris Mercer by: Veldtog teen Geblikte Jag, Posbus 356, Wildernis, 6560, Suid-Afrika.
e-pos:info@cannedlion.co.za of besoek
www.cannedlion.org

+

‘N CHRISTEN-PERSPEKTIEF OP JAG
“Neem dan nou tog jou wapens, jou pylkoker en jou boog, en gaan uit in die veld en jag vir my ‘n stuk wild,” was Isak se opdrag aan Esau op sy sterfbed in Gen 27:3. Hy het van wildsveis gehou.
Al was dit in die tyd van Genesis aanvaarbaar, is daar nog plek vir jag in die hedendaagse beskawing? In die beroep waarin ek myself bevind, is die beskerming van wild en wildreservaatbestuur ‘n daaglikse gebeurtenis. Wild raak al hoe skaarser en as gevolg daarvan bereik die verkoop van wild elke jaar nuwe rekordpryse. In die afgelope paar jaar het diere, soos Witrenosters, van ‘beskermde lyste’ na die ‘bedreigde lyste’ geskuif. Grootliks a.g.v wilddiewe wat gewoonlik diere wreed opkap of net vir horings of tande doodmaak. (Sien Rom 3:15,16)
“God het gesê: Laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.” – Gen 1:26. Dit is ons taak om hulle te beskerm. (Kyk Ps 8). Nie om hulle skade te laat ly tot ons voordeel nie!
Ek is verseker ‘n diereliefhebber en het persoonlik, soos Isak, ‘n liefde vir wildsvlies. Deut. 14:4-6 lees: “Dit is die diere wat julle mag eet: ‘n bees, ‘n skaap en ‘n bok; ‘n takbok en ‘n gemsbok en ‘n gestippelde takbok en ‘n steenbok en ‘n ribbok en ‘n eland en ‘n klipspringer…” En waar moet die vleis vandaan kom?
Jag van Afrika se wild bring talle toeriste na Suid-Afrika en be¬vorder toerisme hier. Buitelanders betaal goed vir veral die groot vyf. Gewoolik is die jag goed georganiseer en die boer wat die diere geteel het, kry sy vergoeding.
As die buitelander nie sy prooi kry nie; is hy terleurgesteld; die boer kry nie vergoeding nie; die woord versprei en die boer verloor moontlike besigheid. Dit is hier waar wreedheid a.g.v. geld-gierigheid kop uitsteek – en ‘blikjag’ vind plaas. Die ‘jagter’ kan verseker wees van ‘sy dier’ en die boer van sy inkomste. Maar daar is ‘n groot verskil tussen ‘wilddier-jag’ en net ‘doodskiet’. Spreuke 12:10 lees: “die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.” En die natuur van wilde diere is om wild en vry rond te loop.
Hoe moet ons dus voel oor wildjagters? Ons moet elke situasie individueel beoordeel. Daar is nie plek vir blote doodskiet van diere net om as trofee te dien nie! Laat Luk 6:37 ons lei om elke situasie te evalueer volgens die Woord


12 Huweliks-moordenaars

My raad aan jong paartjies is baie eenvoudig: moenie eers toelaat dat die moontlikheid van egskeiding julle gedagtes besoedel nie. Selfs as daar baie groot konflik en mismoedigheid heers, is egskeiding beslis nie die oplos-sing nie. Dit vervang maar doodeenvoudig net die een stel narighede met ‘n ander klomp nare dinge. Beskerm jul verhouding teen dié soort erosie asof jy jou eie lewe beskerm. Ja, sáám kan julle dit maak. Julle sal nie bloot net oorleef nie, maar julle kan jul liefde lewend hou, indien dit prioriteit geniet binne julle waardestelsel. Enigeen van die volgende klompie booshede kan jul verhouding aan flarde skeur, indien dit ‘n vastrapplek in jul lewens kry.

TE VEEL VERPLIGTINGE EN FISIESE UITPUTTING
Hierdie toestand kan nogal aansteeklik wees; veral by jong paartjies wat hul bes probeer om nog hul loopbane uit te kerf of wat studeer. Moet tog nie probeer om voltyds te werk, te studeer, ‘n baba te hê, restourasiewerk aan ‘n huis te doen en terselfdertyd ‘n besigheid van die grond af te kry nie. Dit klink belaglik, maar baie jong paartjies trap juis in dié slaggat en dan is hulle baie verras as die huwelik nie hou nie. Die enigste tyd wat hulle mekaar sien, is as hulle poot-uit is!

SELFSUG
Daar is twee soorte mense in die wêreld – diegene wat gee en dié wat neem. ‘n Huwelik tussen twee wat gee, is iets baie mooi om te aanskou. Friksie tussen iemand wat gee en iemand wat neem, is onvermydelik. Maar twee ‘nemers’ kan mekaar binne weke te gronde laat gaan.

ONGESONDE VERHOUDING MET DIE SKOONFAMILIE
Indien die man of die vrou nog nie die ouers ontgroei het nie, is dit beter om nie naby die skoonouers te woon nie. Dis vir sommige ma’s en pa’s baie moeilik om selfstandigheid aan hulle kinders te skenk.

ONREALISTIESE VERWAGTINGS
Sommige paartjies betree die huwelik met die verwagting dat alles net maanskyn en rose gaan wees. Daar is nie ‘n kans dat ‘n huwelik tussen twee onvolmaakte persone ooit perfek kan wees nie. Vrouens moenie meer van die mans verwag as wat hulle kan voorsien nie.

‘RUIMTEVRETERS’
Hier praat ek spesifiek van diegene wat nie hul maats ruimte gun om self asem te haal nie – hulle versmoor die maat en so-doende ook die aantrekking tussen hulle. Jaloesie is een van dié peste. Nóg een is ‘n swak selfbeeld wat daartoe lei dat die onseker maat in die verhouding die ander in ‘n hok’ gevange wil hou. Dit versmoor die verhouding. Liefde moet vry en vol vertroue wees.

OORMATIGE KREDIET EN KONFLIK OOR GELD
Betaal kontant sover moontlik – veral vir verbruikersgoed – of koop glad nie. Moenie meer op ‘n kar of huis spandeer as wat julle kan bekostig nie. Dit veroorsaak dat daar nie geld is vir uitgaan, kort uitstappies, babawagters, ens. nie. Spandeer jou geld wys!
SEKSUELE FRUSTRASie
Dit is ‘n dodelike kombinasie. Moenie daaraan toegee nie! Die ‘groener gras’-mentaliteit van ontrouheid is gevaarlik vir julle huwelik.

SAKE-FIASKO
Mislukking by die werk doen iets slegs aan ‘n man. Dikwels kom die mislukking en frustrasie wat daarmee gepaard gaan, tot uiting in woede-aanvalle tuis.

SAKE-SUKSES
Dit is amper net so gevaarlik om uiters suksesvol te wees as wat dit is om te faal. Salomo het geskryf: “Laat my nie ryk of arm wees nie, gee asseblief vir my net wat reg is.” Spr 30:8.

TE JONK GETROUD
Meisies wat tussen die ouderdomme van 14 – 17 jaar trou, se kanse op egskeiding is twee keer groter as diegene wat trou op 18 of 19 jaar.
Die wat op 18 of 19 trou, se kanse is weer 1.5 keer groter om te skei as die-gene wat eers in hul twintigs trou. Die druk van adolessensie en die druk van die huwelikslewe is nie goeie bedmaats nie. Voltooi eers die een fase voordat die volgende een aangepak word.

ALKOHOL- EN DWELMMISBRUIK
Hierdie is bekende ‘huweliksmoordenaars’. Dit vernietig ook die mens wat dit misbruik. Tot soveel as twee derdes van alle Amerikaners het naby familie wat alkoholiste is.

PORNOGRAFIE, DOBBELARY EN ANDER VERSLAWENDE GEWOONTES
Dit behoort aan almal baie duidelik te wees dat die menslike persoonlikheid baie gebreke het. Mense dink dikwels wanneer dit by die inlywingsfase is, dat hulle maar met enigiets kan ‘speel’, soos bv. pornografie, dobbelary, dwelms, ens. En dat hulle nie seer sal kry nie. Sommiges stap inderdaad ongeaffekteerd daaruit. Vir sommige is dit ‘n teer punt wat onbekend is totdat dit te laat is.
Diegene raak dan verslaaf aan iets wat die hele familie affekteer. Iets wat bloot as eksperiment begin het, veroorsaak só dikwels die verbrokkeling van ‘n huwelik of selfs die dood van ‘n persoon. Wees dus uiters versigtig
hiervoor!

DIE HUWELIK HET VASBERADENHEID NODIG
Bogenoemde is die ‘huweliksmoordenaars’ wat ‘n mens die meeste raakloop, maar om baie eerlik te wees, die lys is eintlik eindeloos. Die enigste ding wat nodig is om die grootste onkruid denkbaar te laat uitspruit, is ‘n klein ou saadjie in die grond. As jy ernstig daaroor voel om ‘n gelukkige, intieme, langtermynverbitenis met jou maat te hê, moet jy daaraan werk. Die natuurlike verloop van dinge sal julle uitmekaar dryf, nie na mekaar toe nie. Hoe kan ‘n mens dit egter voorkom?
Hoe kan jy verseker dat julle ‘n verhouding bou wat werklik tot ‘die dood ons skei’ is? Hoe kan julle verseker dat jul-le huwelik een van die minderwordende getal suksesvolle huwelike is? Hoe maak julle seker dat julle na 50 of 60 jaar nog met liefde na mekaar kan kyk en gelukkige herinneringe koester?
Daar is geen tyd te verspil nie. Versterk die hange van die huweliksrivieroewer, verstewig die bolwerke, verdiep die akker, hou die strome waar dit hoort. Slegs dié mate van vasberadenheid sal die liefde van ouds bewaar en daar is baie min wat daarmee kan kompeteer.