Vir ons as mense van die 21ste eeu ontmoedig die momentum van die lewe ons so dikwels om net tot stilstand te kom en tot verhaal te kom. Daardie druk word dramaties vergroot deur die konstante gegons van draagbare elektroniese vermaak – nommerpas gemaak vir ons elkeen se persoonlike belangstellings en begeertes.
Miskien lyk jou tipiese dag nie soos die dol een met voortdurende afleiding soos wat ek so pas beskryf het nie. Maar daar is ’n goeie kans dat jy ook ly aan die elektroniese gegons van die 21ste eeu, al is dit in ’n mindere mate.
Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!