Januarie 2019

Voorspoedige nuwe jaar! In hierdie eerste uitgawe van 2019 moedig ons jou aan om die jaar reg af te skop en jouself geestelik voor te berei vir die belangrike jaar wat vir ons land voorlê. Lees gerus dr. Arno van Niekerk se artikel, 2019, ’n Jaar van oorgang’. Glo dit of nie, maar as kinders van God hou ons die hef in die hand wat Suid-Afrika se toekoms betref. Dit is vir ons, die meerderheid, om te besluit hoe ons die land rigting gaan gee.
Daar is ʼn bemoedigende getuienis van ʼn plaas wat ongeskonde gebly het te midde van verwoestende brande. Lees oor die gewilde sangpaar, Lindi en Wynand Delport van Anders, se geloof. Dink jy daaroor om te emigreer? Lees eers die artikel, “7 Dinge om eers te oorweeg voor jy dit oorweeg om te emigreer”.
Ons vervat weereens ons gewilde Bybel in ʼn neutedop-reeks met die boek Hebreërs en wees ook op die uitkyk vir ons nuwe reeks oor die boek Spreuke. Ons het vanjaar ’n heerlike blokraai sowel as die woordsoek as deel van ons Bybelpretblaaie.
Soos gewoonlik is daar Christen-nuus en sendingartikels om jou op hoogte van Christelike sake sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!

ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- 2019 ’n Jaar Van Oorgang: Dr. Arno van Niekerk
- Soek Die Woord (Bybelse Woordspeletjie)
- Blokraai
- Die Uitbreiding Van Islam In Afrika – Geopende Deure
- ’n Bron Van Waarheid – FEBA
- Plett-Rage
- Boelies, ’n Ernstige Probleem
- 7 Dinge om Eers Te Oorweeg voor Jy Dink Om Te Emigreer
- Anders – “Wees Anders, Want Ek Is Anders”
- Jy Kort Dringend ’n Beter Leermeester: Prof. Stephan Joubert
- Spreuke, Insig Vir Elke Aspek Van Die Lewe
- Die Bybel In ’n Neutedop – Hebreërs (Deel 1)
- 10 Dinge Wat Jy Oor Die Hemel Wil Weet . . . Maar Te Skaam Is Om Te Vra
- Gehoorsaamheid Lei Tot Groot Vrug
- Maak Jouself Los
- Die Vlamme Sal Jou Nie Brand Nie
- Gospel Crusades, Hoe Bepaal Ons Die Getalle – CfaN
- Ontwortel, Haweloos En Getraumatiseer
- Ons Verkondig Steeds Die Goeie Nuus Ná Al Die Jare – AE
- Angola: My Eerste Sendingaksie – Harvesters Ministries
- Woorde Van Wysheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Gaan Jou Kind Ryk Of Arm Wees?
- God Is My Voorsiener
- Hy Is ’n Veilige Skuilplek – Ook Vir Enkelouers
- Vroue Van Geloof
- Vervul Jou Godgegewe Roeping
- Basiese Kampeerfoute Om Te Vermy
- ’n Jaar Van Genade Op Genade