Hierdie uitgawe bars uit sy nate met die opbouendste getuienisse: van Megan Peacocke wat deur die see meegesleur is, Benson Rewu wat ons almal op WhatsApp aangespoor het, tot ons twee rugbykapteins, Siya Kolisi en Philip Snyman (seweskaptein) – daar is iets vir elkeen se smaak.
Ons begin in hierdie uitgawe ook met nog ’n reeks oor die Bybel – individuele karakters uit die Bybel by wie ons lewenslesse kan leer vir ons eie Christelike pad. Ons skop ‘Karakters Van Die Bybel’ af met Johannes die Doper. Moet ook nie die tweede artikel in ons reeks oor Spreuke misloop nie!
Het die Kerk Israel Vervang? Lees gerus ICEJ se mening oor hierdie vraag en ook Geopende Deure se artikel oor ’n leraar in Indië wat uit die dood opgewek is nadat hy vir sy geloof gemartel is.
Met Valentynsdag om die hoek, het Neil Powell het ’n kragtige boodskap vir Christen-paartjies wat uitgaan.
Maak ook seker jy lees die artikel, ‘Almal slaggereed!’ vir wenke oor hoe om te getuig, laat vanjaar tel!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- China – Die Bybel Word ‘Herskryf’
- Benson Rewu – WhatsApp-Sensasie
- Philip Snyman
- Siya Kolisi, Springbokkaptein, God Se Kampioen
- Jy Het Jou Vader Se Liefde: Louie Giglio
- Deur Die See Meegesleur
- &n