Januarie 2021

Ons skop die nuwe jaar op ’n positiewe noot af met ons voorbladartikel oor Alwyn Uys. Hy het vandeesmaand van Robbeneiland na Eden on the Bay in Blouberg geswem. Die 8 km is reeds ’n groot uitdaging vir enige atleet, vir Alwyn was dit nog ’n groter toets – hy is ’n parapleeg. Dit is egter nie die rolstoel wat die eerste indruk maak nie. Dis die intensiteit van lewe en energie wat uit hom straal. Lees gerus die artikel oor hierdie inspirerende jongman wat ook die eerste parapleeg was om ’n Halfysterman te doen.

As jy wonder oor die nuwe COVID-19-entstof en of jy moet laat inent het ons net die artikel vir jou. ’n Senior wetenskaplike van Creation Ministries International wat tans menslike genetika bestudeer, dr. Robert Carter, het ’n insiggewende artikel geskryf oor die entstof en ’n paar bekende Christen-leiers gee ook in die artikel hulle mening oor wat ons as Christene te doen staan met betrekking tot inenting teen die koronavirus.

Vind uit watter taal Adam en Eva moontlik gepraat het, hoe lank Adam was en hoe God Homself aan ons openbaar. Daar is ook ’n interessante artikel oor heuningbye, die slimjanne van die insekwêreld.

Moenie hierdie en vele ander artikels misloop nie. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!

 ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:

  •  – Alwyn Uys – ‘Ophou Is Nie ’n Opsie Nie’
  •  – Agt Riglyne Wat Kinders Kan Leer Hoe Om Emosies Te Hanteer
  •  – Hoe Herstel ’n Mens Van Die Finansiële Stres Van 2020
  •  – Teenboelie-En-Selfdood-Bewusmakingsveldtog Bemagtig Gemeenskappe 
  •  – Om In Te Ent Of Nie?
  •  – Heuningbye, Slimjanne Van Die Insekwêreld 
  •  – Watter Taal Het Adam Gepraat 
  •  – Hoe Lank Was Adam? 
  •  – Hoe Openbaar God Homself Aan Ons?
  •  – Woorde Van Wysheid
  •  – Christenskap In Die Werkplek
  •  – Opwindende Nuwe Samewerking Tussen Legion Of Lions En JUIG! Tydskrif
  •  – Leer Vir God Ken 
  •  – Karakters Van Die Bybel – Adam En Eva
  •  – Lucille May Vind Haar Stem In Vreeslose Eerlikheid
  •  – Droom Groter – ‘Jy Kan Kies Wat Om Van Jou Lewe Te Maak’ – Aitsa! 
  •  – Van Vormgodsdiens, Tot Ateïs, Tot In God Se Arms 
  •  – Mediese Dokter, Sendeling En Navorser – Henry James
  •  – 75 Jaar Van Bediening – FEBA
  •  – Besoek Die Vervolgde Kerk Saam Met Geopende Deure 
  •  – Operasie Dekapolis – CfaN
  •  – God Seën Die Eenheid Tussen Man En Vrou: Tanya Powell
  •  – Die 21ste Eeu Word Mondig: Elza Meyer 
  •  – Ons Geloof Benodig Dringend ’n Overhaul: Stephan Joubert
  •  – Die Klank Van Jou Hart: Riekert Botha
  •  – Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
  •  – Redakteursbrief
  •  – Woef-Wyshede
  •  – Briewe
  •  – Bybelvasvra 
  •  – Soek Die Woord
  •  – Blokraai
  •  – Vra Jou Vrae: Val Waldeck