Gary en Rhona Kieswetter is vandeesmaand op ons voorblad. Hulle is die medestigters van Die Bron-kerk in Kaapstad, is 31 jaar lank al in die bediening en het ons land 22 jaar lank deurkruis om by kerke en groepe te bedien. Hulle nederige liefde vir God, Sy Woord en Sy Kerk tref ’n mens dadelik en al die getuienisse oor die wonderwerke, genesings en die Here se werk in hulle lewe, gee ’n mens sommer weer krag en woema om Hom ook vir hierdie jaar te vertrou. Lees gerus meer oor hieroor in ons voorbladartikel.
Weens al die samesweringsteorieë en die pandemie doen verskeie menings oor die eindtyd, die groot verdrukking en die wegraping die rondte. Ongelukkig word Christene se wêreldbeskouing oor die eindtyd dikwels gevorm deur gewilde Christelike fiksie, Hollywood-rolprente en gebrekkige lering. Lees gerus dr. Peppler se interessante artikel, Die Eindtye, waarin hy die verskil tussen premillenialisme, posmillenialisme en amillenialisme uiteensit en ook die verskillende sienings oor die wegraping verduidelik.
Hierdie uitgawe is propvol getuienisse van God se werking in gewone mense se lewens, asook bemoedigende woorde deur pastoor Gerald Ferreira, ds. Willem Badenhorst en die teoloog, dr. Victor Kuligin. Legion of Lions bied vyf stappe om te neem vir jou besigheid om te groei en daar is ’n baie interessante artikel oor die wonder van die menslike oor.
Moenie hierdie en vele ander artikels misloop nie. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Gary En Rhona Kieswetter – Die Bron: ’n Fontein Van Herlewing
- So Bou Jy Kinders En Tieners Se Selfvertroue
- Moet Nooit Vertroue Verloor Nie!
- Wat Beteken Die Laaste Afvalligheid En Verval?
- Wat Is Die Gevolge Daarvan Dat Nasies Van God Wegdraai?
- Die Groot Afvalligheid Het Begin
- Is Dit Moontlik Om Te Weet Wanneer Jesus Terugkom?
- Die Eindtye
- Amir Tsarfati, God Se Plan Vir Die Eindtyd
- Reis Na Israel
- Die Mens Se Volmaakte Oor
- Daar Lê ’n Keuse Voor Ons
- Woorde Van Wysheid
- Vrae Wat Gereeld Gevra Word Oor Skuldberading
- Christenskap In Die Werkplek
- Lions-Helde, Grant Lottering
- Legion Of Lions: 5 Stappe Vir Groei In 2021
- Leer Vir God Ken
- Karakters Van Die Bybel – Lot
- Op Die Regte Tyd Op Die Regte Plek!
- ’n Reis Van Gebed, Geloof En Hoop Met COVID
- ’n Rhema-Woord Vir ’n COVID-Krisis
- My Herstel Van Fibromialgie
- Van Ernstige Breinskade Tot ’n Blink Toekoms
- Wonderwerke – Waarom Nie Hier En Nou Nie? – CfaN
- Van Mishandelde Verstoteling Tot Inspirasie Vir Ander
- Opgewonde Om God Se Woord In Nubies Te Hoor – TWR
- Jongste Navorsing Onthul: Drastiese Styging In Christen-Vervolging – Geopende Deure
- Maak Jou Stem Dik om God Se Kosbare Diere Te Beskerm: Hermien Van Den Bergh
- Hoop Vir ’n Hopelose Tyd: Willem Badenhorst
- Tye Soos Hierdie: Gerald Ferreira
- Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
- Redakteursbrief
- Briewe
- Woef-Wyshede
- Blokraai
- Soek Die Woord
- Bybelvasvra
- Vra Jou Vrae: Val Waldeck