JUIG! Junie-uitgawe
Betree ’n wêreld van inspirasie, kennis en kreatiwiteit met ons nuutste tydskrifuitgawe! Elke maand stel ons spesiaal vir jou ’n versameling boeiende artikels, pragtige illustrasies en inhoud saam wat stof tot nadenke bied. Lees Werner Strydom se inspirerende getuienis, iemand wat as kind ’n ernstige spraakgebrek gehad het en vandag ’n stem geword het om die herlewingsvure in harte aan te steek.
Ds. Elza Meyer daag ons uit om soos Jesus te dink en van vasgeval na vrygestel te beweeg! Het jy al ooit gewonder hoe die embrio in ’n eier dan suurstof kry of waar gekleurde voëleiers se kleur vandaan kom? In ons skeppingsartikel ondersoek ons die geheimenisse van die skepping se perfekte verpakking – die eier! Neem ’n oomblik om te lees oor Bybelkarakters se worsteling met die einste waarom-vrae waarmee jy dalk worstel en put moed en insig uit die artikel, “Die vreeslike tyd van waarom-vrae” vir jou eie geloofsreis.
En dit is nie al nie! Brei jou kennis uit met ons nuutste nuus- en sendingartikels en moenie vergeet om ’n bietjie tyd in te ruim vir ons pretbladsye propvol Bybelkennis, -raaisels, en ons inkleurkompetisie nie – alles vir jou om te geniet.
Daar is ’n ietsie vir elkeen met talle opbouende kort pitkosartikels vir die maand. Kry gerus vandag jou nuwe JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!
– Werner En Shantél Strydom – ‘Wees Die Herlewing Wat Die Wêreld So Nodig Het!’
– Nuus
– Wie’s In Die Nuus?
– Verkiesing: Gebede Vir Die OVK
– JUIG! Interessante Feite En Inligting
– Weet Jy Wie Koning Dawid Se Ma Was?
– Die Opstanding: Die Spil Waarom Die Hele Evangelie Draai
– Voorspoed In Tye Van Onstuimigheid
– Bestaan Die Hel Werklik?
– Paradigmaskuif
– Wees Dapper In Jou Roeping
– Geanker In Geloof
– Die Eier
– Dink, Praat En Maak Soos Jesus
– Het Jy Geweet?
– Die Christendom In Die Wêreld: Nederland
– Karakters Van Die Bybel: Titus
– Die Gelykenisse Van Jesus: Die Goddelose Huurders
– ‘Jy Sal Nie Glo Wat Met Ons Oes Gebeur Het Nie!’
– Oorwinning Tree Vir Tree Saam Met Jesus
– ‘My Besoek Aan Die Gasa-Grens’
– Gaan En Preek! – CfaN
– Wonderwerke Te Midde Van Gewelddadige Vervolging – Geopende Deure
– Die Vreeslike Tyd Van Waarom-Vrae: Maretha Maartens
– Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
– Tieners En Hulle Geloof:
– Herman De Kock
– Dink Soos Jesus: Elza Meyer
– Sewe Seisoene Van ’n Man: Rudi Briel
– Onvervuld By Die Werk Vs. ’n Onmisbare Werknemer: Mario Denton
– Redakteursbrief
– Briewe
– Inkleurpret
– Blokraai
– Bybelvasvra
– Soek Die Woord
– Ontsyfer Die Kode
– Vra Jou Vrae
– Ek Weet Dit Was U, Here
– Dankie Dominee