JUIG! Mei-uitgawe
Kom kuier heerlik saam met ons in hierdie Mei-uitgawe. Ons gesels met die vrolike Lynette Beer en vind ’n bietjie uit wie die volkleurmens agter die sielkunde is. Dr. Caroline Leaf help ons om van gedagte (denke) te verander en dr. Richard Blackaby deel sy insigte hoe om die lewe se storms te trotseer. Ontdek die verstommende feite oor die helderkleurige toekans, neem deel aan ons inkleurkompetisie en moenie vergeet om ’n tyd in te ruim vir ons pretbladsye propvol Bybelkennis en raaisels nie – alles vir jou om te geniet.
Lees gerus die aktuele artikels, “Kerklos, kerkloos, goddeloos”, “Hoekom die huwelik saak maak” en “Is jy besig om uit te brand?” En dit is nie al nie! Brei jou kennis uit met ons nuutste nuus- en sendingartikels – kyk veral na ons Kiesersgids om te sien watter partye se waardes strook met joune.
Daar is ’n ietsie vir elkeen met talle opbouende kort pitkosartikels vir die maand. Kry gerus vandag jou nuwe JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!
– Lynette Beer – Kleurvolle Koningskind!
– Nuus
– Wie’s In Die Nuus?
– Bybelse Kiesersgids
– ‘Saterag Samesyn’ Kry ’n Nuwe Stem!
– Trotseer Die Lewe Se Storms
– Wat Gebeur As Ons Sterf?
– Tien Maniere Hoe Die Christendom Die Wêreld Gevorm Het
– Kerklos, Kerkloos, Goddeloos
– Kategismusse Vir Die Onderrig Van God Se Woord
– Die Apostoliese Geloofsbelydenis
– Die Onse Vader
– Die Tien Gebooie
– Dr. Caroline Leaf: Transformering En Hernuwing Van Denke
– Hoe Om Van Gedagte Te Verander
– Die Waarde Van ’n Drukkie
– Hoekom Die Huwelik Saak Maak
– Die Toekan Kan!
– Het Jy Geweet?
– Die Christendom In Die Wêreld: Brasilië
– Karakters Van Die Bybel: Kain En Abel
– Die Gelykenisse Van Jesus: Die Talente
– FEBA Se Heartline Radio: Indonesië Se Invloedrykste Christen-Radiostasie
– Verlos Van Vervolging In Indië – Geopende Deure
– Gee ’n Jaar Lank Vir Die Evangelie – CfaN
– Skoonheid Uit Die As
– Tieners En Hulle Geloof: Herman De Kock
– Die Uitstorting Van Die Heilige Gees: Rudi Briel
– Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
– Is Jy Besig Om Uit Te Brand? Mario Denton
– Redakteursbrief
– Briewe
– Dankie Dominee