Mei 2016

JUIG! Mei 2016
JUIG! Mei 2016
Vir diegene wat vuisvoos voel ná al die geweld op kampusse, die teleurstellende politieke verwikkelinge in die land, en ʼn onsekere ekonomiese klimaat in die land bied ons artikels met insiggewende Bybelse perspektief wat jou sal bemoedig en met hoop sal vul. Lees gerus Corné Krige se eerste bydrae tot JUIG!; Arno Van Niekerk se artikel oor ons verantwoordelikheid om Suid-Afrika ʼn ommekeer te laat maak, Dawie Spies se artikel oor negatiewe gedagtes en sy hoop vir ons land, en Stephan Joubert wat ons aanmoedig om die pad oor te steek en want ons het nie luukse om alles meer vanuit ’n “veilige afstand” te beskou nie. Ons is geroep om padoorstekers en verskilmakers te wees!
Lees ook gerus ons voorbladartikel wat ʼn onderhoud met die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel. Ek nooi jou uit om saam met ons ondersoek in te stel en te kyk of aansprake wat oor hulle gemaak word, geregverdig is. Dalk kom jy ook tot die gevolgtrekking dat Kallie ʼn man vir die oomblik is – vol hoop en een wat God eerbiedig.
Laat die positiewe en bemoedigende artikels in hierdie uitgawe jou inspireer en toerus vir die maand wat voorlê. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Suid-Afrika Wat Sal Dit Verg Om Weer Op Te Staan: Arno Van Niekerk
- Dekriminalisering Van Sekswerk Lei Tot Misbruik Van Vroue: Errol Naidoo
- Wêreldwaarnemingslys 2016 ̶ Geopende Deure
- TWR Nuus ̶ Knielend En Gebroke Voor Die Here
- Rêrig?!! Intellektueles ‘herbedink’ Die Afrikaner-identiteit
- Kallie Kriel
- Hou Ons Meisies In Die Skool
- Die Afrikaner Se Godsdienstige Ervaring
- Laat Jy Toe Dat Vrees Nesmaak: Dawie Spies
- Die Bybel In ʼn Neutedop