Junie/Julie 2016

JUIG! Junie/Julie 2016
Hierdie uitgawe van JUIG! is propvol positiewe artikels wat jou sal bemoedig met talle van hulle wat jou van praktiese maniere sal vertel waarop mense hulle geloof uitleef en ʼn verskil in ons land help bewerk.
Lees gerus ons voorbladartikel oor Joe Niemand en sy nuwe CD, Vryheid, wat oor die identiteit van die Afrikaner gaan met die Here wat soos ʼn goue draad deur ons geskiedenis gevolg kan word.
Ons medewerkers Corné Krige, Arno van Niekerk en Stephan Joubert se artikels moedig ons aan om te woeker met ons talente, om ons lewe op die fondasie van Christus en niks anders te bou nie en dat Jesus genoeg is vir alles wat ons in die gesig moet staar. Greta Wiid moedig ons aan om ons kinders ‘God-gereed’ te maak en David Malherbe brei in sy artikel verder uit hoe om op praktiese wyse grense te stel in ʼn oorvol lewe.
Lees ook oor Solidariteit en hoe hulle verskillende afdelings, kanale vir ons bied om ʼn positiewe bydrae en verandering in ons land teweeg te bring. Geniet hierdie positiewe en bemoedigende uitgawe en laat dit jou inspireer en toerus vir die maand wat voorlê. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Ek Het Geleer...
- Kerke Beplan Groot Veldtog Vir Versoening
- KMMC 2016 ̶ Duisende Bid Vir Herstel
- Suster Liu Se Lewe Verander Deur “Draagbare Sendeling" ̶ FEBA
- Sirië: Burgeroorloog Van Vyf Jaar ̶ Geopende Deure
- #SAMustRise Vrede En Hoop: Errol Naidoo
- Klein Begin – Groot Nalatenskap
- Waarom Sou God Hom Ophou Met ʼn Klein Planeetjie?
- Jesus Is Genoeg, Regtig: Stephan Joubert
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Miga
- God Rig ʼn Bevryder Op: Gerald Ferreira
- Christenskap, ʼn Geloof Wat Ons Anker
- ʼn Samelewing Wat Op Sand Bou: Arno Van Niekerk
- Joe Niemand
- Woeker Wys Met Jou Talente: Corné Krige
- Solidariteit: Na 114 Jaar Sterker As Ooit!
- Dorsles Vir ʼn Volhoubare Toekoms
- Deur Te Doen, Blom Die Boom
- Tuisonderrig: ʼn Geloofwaardige Alternatief Tot Formele Onderwys
- Christenskap In Die Werksplek
- Maak Jou Kind God-Gereed: Gretha Wiid
- Die Geheim Agter Allergieë
- ʼn Gesonde Leefstyl Is Nie Duur Nie
- Vroue Van Die Bybel
- NueLight ̶ ʼn Nuwe Klank
- Tieners En Leiers: Christen-Avontuurkampe
- #GROOTindieklein ̶ Tygerberg 104FM
- Op Die Man Af! Daar Is Hoop Selfs Na Die Dood

Uitgawe Artikels