JUIG! Mei 2017
JUIG! Mei 2017
In hierdie Moedersdaguitgawe doen ons verslag oor 'n paar onderwerpe waarvan Christene moet kennis neem. Ons kyk na plaasmoorde en die stand van sake in die land; lees asseblief hierdie artikel om jouself in te lig sodat jy met insig kan bid.
Dan het ons nog 'n interessante artikel oor die Karoo Mighty Men Konferensie wat vanjaar vir die laaste keer in Middelburg aangebied word. Vind meer uit oor die uitwerking van okkultisme op jou gesondheid en lees ʼn bemoedigende getuienis van Zanie van den Berg wat ʼn amputasie moes ondergaan en nou haar kinderdrome verwesenlik om aan sport te kan deelneem.
Lees ook in hierdie uitgawe Dieter Voigt se getuienis, die gevare van emosionele uitbranding en hoe sy liefde vir atletiek daartoe gelei het dat hy nou te midde van sy besige lewe as aanbieder van Pasella en onderwyser ook nog kinders afrig en uiters suksesvolle atlete oplewer!
Hou jouself op hoogte van Christelike sake en wees ingelig sodat jy met insig kan bid. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid
- Stof Tot Nadenke
- Maak SA Weer ʼn Christelike Nasie
- Plaasmoorde ̶ Die Stand Van Sake: Arno Van Niekerk
- Moeders Op Die Frontlinies ̶ Geopende Deure
- Turning Point Saam Met Dr. David Jeremiah ̶ TWR
- Geloofsreis Op Die Vleuels Van Gebed
- Die Bybel In ʼn Neutedop: Markus Deel 2
- Elisama ̶ Dienskneg Van die Koning:Gerald Ferreira
- Woorde Van Wysheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Tegnologie En Jou Huwelik: Gretha Wiid
- Dieter En Martelize Voigt
- Oorkom Bekommernis
- Vroue Van Geloof
- Wees Gelukkig ̶ Emosionele Gesondheid
- Cefas En Zanie ̶ In My Swakheid Is Ek Sterk
- Die Uitwerking Van Okkultisme Op Ons Gesondheid
- Bybelse Gasvryheid
- Die Oorsprong Van Tandbederf
- TBN-Televisiegids
- Musiek Vir Die Siel
- Ervaar Die Unieke Skoonheid En Kultuur Van Die Heilige Land ̶ Tygerberg 104FM
- #JouMenseMyMense...Saam Is Ons Beter