Met hierdie uitgawe gaan ons jou help om positief en bemoedig te bly tydens die ongewone tydperk waarin ons ons bevind met die koronapandemie. Ons skop af met ’n bemoedigende rubriek, “Jesus aan die stuur”, geskryf deur die nimlike Johan Stemmet. Hy pryk ook op ons voorblad en gesels onder meer met JUIG! se lesers oor uitdagings in sy lewe, deel sy insig oor pa-wees en wat vir hom en sy vrou, Colleen, werk in hulle huwelik van 40 jaar.
Stephan Joubert se artikel, “Wanneer die koronavirus amok maak, maak ons geloof die verskil”, is net die regte medisyne vir ons almal wat tuis ingekluister is, met vrae en onsekerheid wat deur ons gedagtes maal. Lees gerus ook Elza Meyer se bemoediging en geestelike insig oor ons beskouing van die koronavirus.
En terwyl ons nog op die onderwerp is, lees ook die insiggewende artikels, “ ’n Kontantlose wêreld weens virusvrees” en “Wat sê die Bybel oor (pandemiese) siektes?
Vind uit wat die pad vorentoe is vir die NG Kerk ná die beraad by die Moreletapark Gemeente.
Ons “Blokraai”, “Soek die Woord” en “Toets jou Bybelkennis” sal jou help om die ure te verwyl.
Geniet hierdie uitgawe propvol getuienisse en Skrif wat jou sal bemoedig!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Jesus Aan Die Stuur: Johan Stemmet
- Woefwyshede
- God Se Belofte Van Beskerming
- JUIG! Pitkos
- Toets Jou Bybelkennis
- 3 Basiese Redes Waarom Die Bybel Die Onfeilbare Woord Van God Is
- Blokraai
- Soek Die Woord
- Is Jesus God?
- Bybelgenootskap Van Suid-Afrika
- Kan Ons Vir God Ken?
- Spreuke 16
- Hoe Die Apostels Gesterf Het
- Karakters Van Die Bybel – Romeinse Soldaat By Die Kruis
- Adopt-A-Sheep, Steun ’n Boer In Nood
- Wanneer Die Koronavirus Amok Maak: Stephan Joubert
- Nou Is Die Aangewese Tyd: Elza Meyer
- Drome Is Soos Legkaarte
- Johan Stemmet, So Eie Aan Afrikaans Soos Biltong En Beskuit
- Daniel du Toit – ’n Jong Evangelis Vuur En Vlam Vir Christus
- Sam Se Verhaal, Van Gevangenis Tot Evangelis
- ’n Lewende Voorbeeld Van Jesus Se Liefde Aan Die Jeug
- Vryheid – Wie Se Definisie Hang Ons Aan? (Deel III)
- Die 7 Kerke Van Openbaring – Pergamum
- ’n Anker Vir Kanker
- Nie Elkeen Wat Sê “Here, Here”, Sal Die Koninkryk Binnegaan Nie
- In Die Voetspore Van Jesus En Sy Dissipels
- Reis En Die Koronavirus – Gereelde Vrae
- Christenskap In Die Werkplek
- Woorde Van Wysheid
- Kanja Roep Uit Na Jesus – FEBA
- Geheime Gelowiges Tydens Ramadan Geïsoleer – Geopende Deure
- Wat Sê Die Bybel Oor (Pandemiese) Siektes?
- ’n Kontantlose Wêreld Weens Virusvrees
- Jou Kind Se Liefde Vir Die Bybel
- Die Spesiale Beraad Moreletapark Gemeente
- Vroue Wat My Laat Dink En My Inspireer: Karien Basson
- “Blinde Geloof” In Aksie
- Radio Tygerberg 104fm – Nuwe Stemme En ’n Kraakvars Programskedule!