In die vars November-uitgawe met Elza Meyer en haar dogter, Ellenore, op die voorblad vind ons uit hoe hierdie dinamiese ma en dogter in diens van die Koninkryk staan en ’n verskil maak in die sfeer waar hulle beweeg.
Ons vind uit hoe aktivisme vir die klimaat as ’n Trojaanse perd ingespan word vir sosialisme. Ons het twee interessante getuienisse. Die een is Hannelie Groenewald wie se gesin ’n paar jaar gelede in Afghanistan vermoor is, maar wat nou weer getroud is en met ’n nuwe lewe begin het. Die ander is Cobus Visser wat aan hemofilie ly en Kilimanjaro aangedurf het nadat dokters vir hom gesê het sy voorland is ’n rolstoel.
Daar is heelwat geestelike pitkos om jou geestelik op te bou en te versterk en natuurlik ook ons blokkiesraaisel en Woordsoek vir lekker ontspan.
Moet beslis nie hierdie uitgawe misloop wat 21 Oktober op die rakke sal wees nie. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Love Cape Town City Fest
- Aktivisme Vir Die Klimaat – ’n Trojaanse Perd Vir Sosialisme?
- Skool In Betlehem Verskaf Toevlug Vir Christen-Kinders –Barnabas Fund
- Voormalige Kletsrymer Vind Sy Doel In Jesus En Koffie! – Geopende Deure
- Elza & Ellenore – Ma En Dogter In Diens Van Die Koninkryk
- Hannelie Groenewald – U Het My Rouklere Uitgetrek
- Vroue Van Geloof
- Onthou Die Humor: Nina Smit
- Vra Jou Vrae
- God Kom Ontmoet Jou In Jou eie Seisoen: Tanya Powell
- Tien Dinge Waaroor Paartjies Baklei
- Die Sleutel Om In Die Gees Te Wandel (Deel 2)
- Liefde Vir God, KopkennisI Of Werklikheid In Jou Lewe?
- Karakters Van Die Bybel – Josef
- Spreuke 12
- Skriftuurlike Studie Van Jesaja 6 (Deel 1)
- Oorleef Jou Wildernis – CfaN
- TWR
- Ontmasker Die Vyand Se Plan OM Christene Te Breinspoel
- 3 Groot Verwikkelinge Wat Aanleiding Kan Gee Tot ’n Wêreldwye Oorlog
- Christenskap In Die Werkplek
- Geloof Wat ’n Berg Aandurf – Cobus Visser
- Waarom Laat God Siekte Toe?
- Versapping, Herprogrammeer Jou Liggaam
- Woorde Van Wysheid
- Wat Sê Die Vader Vir Jou: Jacques Malan
- Hoeveel Moet Ek Spaar Vir Aftrede?
- Watter Soort Kampeerder Is Jy?
- Blokkiesraaisel
- Soek Die Woord
- Verbeter Jong Meisies Se Lewens Een Vir een
- ’n Skool Vir Ons Kinders
- Projek #SOS200