Oktober 2019

In ons pragtige Oktober-uitgawe bekyk ons die feite oor die Amasone-brande en kyk na wat die Bybel sê oor sosialisme en kapitalisme.
Daar is twee baie interessante voorbladartikels: Een oor Bear Grylls, die avonturier en adrenalienslaaf en sy getuienis en die ander oor Donna Kennedy-Meyer, ’n pragtige vrou van binne en buite, wat praat oor haar oorwinning oor kanker en die wonderlike lesse wat God haar tydens daardie reis geleer het.
Wonder jy of jy moet emigreer? Lees gerus ons artikel, “OM te vlug of nie, ’n Les uit Sirië.”
Daar is twee nuuswaardige artikels: “Die Europese Superstaat” en Die vandalisering van Europa se Christelike erfenis” wat ’n moet-lees is.
Moet beslis nie hierdie uitgawe misloop wat 16 September op die rakke sal wees nie. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Wat Is Ware Aanbidding: Barbara Cilliers
- Soek Die Woord
- Blokkiesraai
- ’n Kykie Na Die Amasone-Brande
- Om Te Vlug Of Nie
- ’n Fondament Van Sterk Gesinne: Arno van Niekerk
- Die Vandalisering Van Europa Se Christelike Erfenis
- Die Europese Superstaat
- Hoe Moet ’n Christen Sosialisme Beskou?
- Wat Sê Die Bybel Oor Kapitalisme?
- Die Grootste Christelike Instagram-Rekening In SA
- Sit Dit Af! Ek Is Nie ’n Slaaf Van Tegnologie Nie: Stephan Joubert
- Bear Grylls, Die Wedloop Van Geloof
- Donna Kennedy-Meyer, Geloof Wat Die Toets Deurstaan
- Mediese Gapingsdekking
- Die Sleutel Om In Die Gees Te Wandel (Deel 1)
- Karakters Van Die Bybel – Agab En Isebel
- Spreuke 11
- Nog Voordat Jy Jou Eerste Skree Gegee Het (Deel III)
- Groen: Karien Basson
- Vroue Van Geloof
- Vra Jou Vrae
- Dou Wat Lewe Gee: Nina Smit
- Hoop Vir Kindertjies Met Leerprobleme
- Bly Naby Die Lig: Tanya Powell
- Christenskap In Die Werkplek
- Woorde Van Wysheid
- Bemeester Die Vaardigheid Van Volharding – CfaN
- Amper Gedood Vir Hul Geloof – Geopende Deure
- Die Volgende Geslag By African Enterprise
- Oorlewendes Van Islamitiese Terreuraanslag in Burkina Faso Vra Vir Gebed – Barnabas Fund
- Kragtige Mediabediening Transformeer Mense Se Lewens In Mongolië – FEBA
- Liefde En Opvoeding Maak Die Verskil – Khula-Ontwikkelingsgroep
- Nikita Se ‘Karretjie’