JUIG! November-uitgawe
Louis en Hettie Brittz, wat sedert 2017 in Tennessee woon, gaan binnekort oupa en ouma word! Ons het met die twee gesels oor hulle bedienings, familie en wat hulle nuwe ervaring hulle oor die lewe en hulself geleer het. Ons vertel Toni Mould, ’n Paralimpiese atleet se verhaal van vasbyt, deurdruk en glo tot by die Paralimpiese Spele in Tokio. In die artikel, “Voel gesinne met spesialebehoefte-kinders welkom in jou kerk?” verskaf ons praktiese wenke om sulke gesinne tuis te laat voel. Ons ondersoek die omstrede onderwerp van kloning asook die feite rondom Palestina en die Anglikaanse kerk se uitlating dat Israel ’n apartheidstaat is. Vir bemoediging in hierdie negatiewe tye lees gerus Henry Pike se artikel, “Wat Het Jy Nodig Om Werklik Gelukkig Te Wees?” en Jean Symons se artikel “Kom weer by ’n plek van hoop uit”.
Bly op hoogte van sendingsake en wêreldnuus vanuit ’n Christelike wêreldbeskouing en brei jou en jou gesin se Bybelkennis uit met ons Bybelvasvra, “Het jy geweet”, die reeks “Jesus se gelykenisse” asook “Karakters van die Bybel”. Skaf gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog aan. Lekker lees!
– Louis En Hettie Brittz – ’n Lieflike Duet Van Lewe, Liefde En Familiewees
– Netanyahu Maak Geskiedenis By Die Verenigde Nasies
– Anglikaanse Kerk Mislei Suid-Afrika Oor Israel
– ICEJ Is Namens Jou In Die Voorste Linie Van Israel Se Stryd!
– 10 Feite Oor Palestina
– Wat Is ’n Evangelis?
– Kom Weer By ’n Plek Van Hoop Uit
– Die Wêreld Is ’n Verhoog
– Die Tien Plae In Egipte
– Voel Gesinne Met Spesialebehoefte-Kinders Welkom In Jou Kerk?
– Om Generasie Z Te Help
– Belang Van ’n Pa Se Invloed
– Kloning En Die Heiligheid Van Menslike Lewe
– Van Wanhoop Tot Hoop
– Karakters Van Die Bybel: Jeremia
– Die Gelykenisse Van Jesus: Die Verlore Skaap, Muntstuk En Seun
– Het Jy Geweet?
– Bejaardes Is Bedien Met Liefde En Respek
– Twee Evangelieveldtogte In Angola Se Hoofstad – CfaN
– Vasbyt, Deurdruk En Glo Tot By Die Paralimpiese Spele
– Ek Kan Groot Droom Met Jesus Aan My Sy!’ – Geopende Deure
– Niemand Wil Onsigbaar Vir Die Samelewing Wees Nie: Lourieke Haller
– Hoe Groot Is Jou Stryd? Lehane Oosthuizen
– Tieners En Hulle Geloof: Herman De Kock
– Wat Om Te Sê In Plaas Van ‘Alles Reg’: Caroline Leaf
– Wat Het Jy Nodig Om Werklik Gelukkig Te Wees? Henry Pike
– Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
– Bekering Van Geestelike Louheid: Rudi Briel
– Selfontwikkeling: Mario Denton
– Redakteursbrief
– Woefwyshede
– Briewe
– Blokraai
– Bybelvasvra
– Soek Die Woord
– Inkleurpret
– Vra Jou Vrae
– Ek Weet Dit Was U, Here
– Wie’s In Die Nuus?