Oktober 2025

Oktober-uitgawe nou te koop!

Hierdie Oktober-uitgawe van JUIG! herinner ons daaraan dat ons in Die jaar van ons Here leef – God is getrou! Daniel Kolenda deel kragtig oor Die sending van die Heilige Gees, terwyl ons saam dieper delf in die skat van Die Dooie See-rolle. Nicky Lonte getuig dat Kanker het nie die laaste woord nie, en ons ontmoet Pieter Greyling van RO Water SA. Praktiese toerusting sluit in Drie sleutels om konsekwent te leef, Twee woorde wat alles verander deur Clemens Mans, en Verhoog jou geestelike lewenstandaard. Ons waarsku ook teen dwaalleer in 15 maniere om valse lering te ontmasker en bring bemoediging met Mario Denton se Geestelike dialise. Hierdie uitgawe is ’n bron van waarheid, inspirasie en geloof vir elke leser.

Daniel en Bea du Toit leef met een doel voor oë: om die nasies vir Jesus te bereik. Van ’n nederige begin in die strate van Kaapstad tot groot Jesus-veldtogte oor die hele Afrika, waar tienduisende mense die Here ontmoet en tekens en wonders die Evangelie bevestig.

Moenie ons gewilde Bybelvasvrae, inkleurpret en praktiese geloofsartikels misloop nie! Hierdie uitgawe van JUIG! is propvol inspirasie, insig en waarheid vir elke seisoen van die lewe.

Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en ontvang ’n GRATIS geskenk!

 Artikels in hierdie uitgawe:

Voorbladartikel:
– Daniel en Bea du Toit: Die nasies behoort aan Jesus

Nuus:
– Sis’ters-vrouekonferensie 2025 – Radio Tygerberg
– Wie’s in die nuus?
– Nuus
– ’n Huldeblyk aan James Dobson
– Bid vir ons polisie

Artikels:
– Die jaar van ons Here
– Die sending van die Heilige Gees – Daniel Kolenda
– Die Dooie See-rolle
– Geskape met ’n doel
– Kanker het nie die laaste woord nie – Nicky Lonte
– RO Water SA: Pieter Greyling
– Drie sleutels om konsekwent te leef
– Twee woorde wat alles verander – Clemens Mans
– Verhoog jou geestelike lewenstandaard
– 15 maniere om valse lering te ontmasker
– Geestelike dialise – Mario Denton

Reekse:
– Het jy geweet?
– Karakters van die Bybel: Sadrag, Mesag en Abednego
– Hou koers deur die lewe se storms: Jesus kalmeer die storm

Sending En Getuienisse:
– Dankie, Here, ek weet dit was U
– Ek moes dood gewees het, maar God – Natalie Gunther
– Daar waar hande help – Helpende Hand
– Eer die verlede, omhels die toekoms – TWR Africa
– ’n Prostitusiebediening in die Filippyne – FEBA Radio
– Dwelmslagoffer: 16 jaar in ’n Thaise tronk

Rubrieke:
– Lankmoedigheid – Redakteursbrief
– Die krag van die Woord – Gawie de Lange
– Die rugkant van Christenskap – Maretha Maartens
– Van die Jordaan tot Jerigo – Herman de Kock
– Die waarhede van die olyfboom – Rudi Briel

Gereeld:
– Briewe aan die redaktrise
– Soek die woord
– Toets jou Bybelkennis
– Inkleurprent
– Blokraai
– Vra Val: Bybelse antwoorde op moeilike vrae

Artikels in hierdie uitgawe

Hulle sê dat om ’n dogter van die lewende God te wees, nie beteken dat die pad altyd maklik sal wees nie. Wanneer jy egter keer op keer deur die diepe waters moet gaan, kan dit soms moeilik wees om te glo dat God werklik daar is… …om die volle artikel te lees, skaf gerus […]
Wanneer dit oor die Heilige Gees gaan, is daar dikwels verwarring en misverstand in die Kerk: soms huiwering, soms vrees en selfs misbruik. Die onderwerp van die Gees is iets waaroor gelowiges telkens struikel. Aan die een kant verwaarloos sommige die werk van die Gees, terwyl ander dit aan die ander kant misbruik. Die vraag […]
Elke dag in Suid-Afrika trek mans en vroue hul uniforms aan en laat hul geliefdes agter om ’n werklikheid van gevaar te trotseer. Ons polisielede is dikwels die eerstes wat by tonele van geweld, diefstal en tragedie opdaag. Hulle dra die swaar verantwoordelikheid om ons gemeenskappe te beskerm in ’n land waar misdaadstatistieke van die […]
Daniel en Bea du Toit leef met een doel voor oë: om die nasies vir Jesus te bereik. Van ’n nederige begin in die strate van Kaapstad tot groot Jesus-veldtogte oor die hele Afrika, waar tienduisende mense die Here ontmoet en tekens en wonders die Evangelie bevestig, getuig hul lewens en bediening, Take the Nations, […]