Die September uitgawe van JUIG! Tydskrif is nou beskikbaar!
Liomee Vosloo is ’n radiostem met ’n missie, sy dra daagliks die klank van hoop oor die luggolwe van Radio Tygerberg. As omroeper leef sy haar roeping met oorgawe uit: om God se hart hoorbaar te maak vir dié wat moedeloos, verward of alleen voel.
Hierdie September-uitgawe van JUIG! is vol hoop, geloof en inspirasie. Lees hoe Wanneer geloof lente in jou lewe bring wys dat God nuwe lewe kan bring, selfs ná moeilike seisoene. In Wat as niks verander nie leer ons hoe om met volharding aan Hom vas te hou. In Verslawing steel maar Christus herstel vertel Hykie Berg openhartig van God se genade wat heelmaak. Ons delf in die werklikheid van Vaderloosheid, bring ’n Huldeblyk aan John F. MacArthur, en waarsku teen gevare soos Die nuwe wêreldwanorde. In Waak wanneer dit saak maak herinner Rudi Briel ons om geestelik wakker te wees. Hierdie uitgawe sal jou aanmoedig, toerus en versterk – ongeag watter seisoen jy in is.
Moenie ons gewilde Bybelvasvrae, inkleurpret en praktiese geloofsartikels misloop nie! Hierdie uitgawe van JUIG! is propvol inspirasie, insig en waarheid vir elke seisoen van die lewe.
Teken in op JUIG! Tydskrif en ontvang ’n GRATIS geskenk!
Artikels in hierdie uitgawe:
Voorbladartikel:
– Liomee Vosloo: Radio met ’n roeping
Nuus:
– Vaderloosheid – Bert Pretorius
– ’n Huldeblyk aan John F. MacArthur
– Staan die wettiging van prostitusie teë
Artikels:
– Haal Jou Bril Af – Elza Meyer
– Nuwe ruimte, gedeelde visie – CFC
– Wanneer geloof lente in jou lewe bring – Jean Symons
– Wat gebeur by die finale oordeel?
– Wat as niks verander nie? – Gillian Fraser
– Weerstaan die nuwe wêreldwanorde – Peter Hammond
– Hykie Berg: Verslawing steel maar Christus herstel
REEKSE:
– Het jy geweet?
– Karakters van die Bybel: Laban
– Hou koers deur die lewe se storms: Wonderwerke op Malta
– Geestelike suiwering
– Alles wat jy moet weet oor gebed: Deel 4
SENDING EN GETUIENISSE:
– Vreesloos 2025 – Radio Tygerberg
– ’n Karavaan, ’n Roeping En God Se Perfekte Tydsberekening
– ’n Kind verloor en aan God vasgehou – Luzaan Tolmay
– Kundige versorging met hart en hande – Helpende Hand
– Wonderwerke en redding in die hart van Afrika – Cfan
RUBRIEKE:
– Geloof In Aksie – Redakteursbrief
– Moses leef weer – Herman de Kock
– Drie punte oor ’n huwelik wat blom – Gawie de Lange
– Waak wanneer dit saak maak – Rudi Briel
Gereeld:
– Soek Die Woord
– Inkleurpret
– Blokraai
– Toets Jou Bybelkennis
– Vra Val: Bybelse Antwoorde Op Moeilike Vrae




