Bid vir die NG Kerk

Ek is ’n emeritus-leraar van die NG Kerk, is wedergebore en het die Here en Sy Woord baie lief. Ek lees JUIG! Tydskrif gereeld en ontvang baie geestelike seën daaruit. Ek preek feitlik elke Sondag en verkondig die suiwer Woord onbevrees deur die krag van die Heilige Gees. By baie van ons leraars is daar groot hartseer oor die liberale teoloë en leraars wat ons lidmate verwar, mislei en van die gesag van die Woord van God weglei. Omdat ons wat wedergebore in Christus se Liggaam is, bid asseblief saam met ons dat die Heilige Gees sal ingryp en die kerkleiers tot besinning bring. Die Sinodesitting van Oktober sal bepaal of die kerk die pad van die ware of valse kerk wil loop . Bid saam met ons. 

Abrie Botha (Strand)