Geweld teen vroue en kinders

Ek voel ook soos Jeremia in hoofstuk 20 vers 9 ná my bykans 46 jaar verbintenis met die plaaslike bevolking in die Kuruman- / Postmasburg-area. Ek het as kind in ’n alkoholis-stiefpa se huis deurgebring waar my moeder ’n paar keer amper vermoor is. Alkohol en vrouemishandeling is jare lank al ’n probleem. Suid-Afrika se huidige probleem van geweld teen vroue en kinders, is maar net die ore van die seekoei. Toe die Bybels uit die skole en parlement verwyder is, en kondome aan kinders gedemonstreer en vrylik aan almal beskikbaar gestel is, is die oorhand aan satan gegee om dit uit te buit. So het ’n regeringsamptenaar byvoorbeeld in een van die plaaslike skole die gebruik van kondome aan die leerlinge verduidelik. ’n Jong seun wou weet waarom die regering dan net een grootte kondoom maak, want dit is te groot vir kinders. Nou wil ek weet: Wat is in die seun se onderbewussyn neergelê? Ons gaan nog met die seekoei te doen kry, as die ANC- regering nie die Bybel as grondslag vir ons land terugbring nie. 

Arnold Sachse