Mag Abba Vader deur Sy Heilige Gees die genade skenk dat Christene insig in die geestelike ryk sal hê om te onderskei wie werklik vir die Koninkryk van God is en wie daarteen is. Mag Christene deur die Heilige Gees in plaas van die sekulêre media gelei word. Die JOY! en JUIG!-tydskrifte is ’n stukkie genade wat die balans bring. My raad is: Kom ons gaan koop ons JOY! en /of JUIG! Tydskrif júís by sekulêre winkels sodat dit daar relevant kan bly en ons ons sout versprei om die verrotting te keer.
Peet Blignaut