Al Wat Ek Vir Kersfees Wil He

Ek het onlangs tydens ’n oorsese reis by ’n paartjie en hulle vierjarige seuntjie tuisgegaan – hul enigste kind. Ek was verstom oor hoeveel speelgoed hy het. In byna elke kamer in die huis was daar stapels speelgoed, elke speelding waaraan jy kon dink, in die sitkamer, in die gastekamer, in die pa se kantoor en vermoedelik ook in die hoofslaapkamer.
Kan jy jou voorstel hoe moeilik dit vir hulle gaan wees om iets nuuts en unieks vir hulle
seuntjie vir Kersfees te kry? Ek raai dat enige present hom net ’n rukkie besig gaan hou voordat dit hom verveel.
Kan jy jou in teenstelling hiermee die
miljoene kinders oor die wêreld indink wat doodgelukkig is met ’n speelding wat hulle pa of ma vir hulle gemaak het? Of wat van die kinders wat niks anders behalwe hulle ouers se liefde ontvang nie? Miskien kry hulle nog die beste geskenk van almal.
Oor die Kerstyd is die winkels vol mense wat gretig soek na iets om te koop waarvan hulle vriende en geliefdes sal hou. Hulle hoop maar dat die geskenke iets is wat die ontvangers nodig het of ten minste regtig sal waardeer. Maar wat het ons regtig vir
Kersfees nodig?