Vlugteling: Die Drie Modelle Van Hoop

Hierdie miljoene mense is besig om die begrip geografie te herdefinieer, die geo-politiek te verander en sending te omskep. Nog nooit tevore het ons geslag soveel ontheemde mense aan die beweeg gesien wat so desperaat op soek is na menslikheid teenoor hulle nie. Volgens die Verenigde Nasies se Hoë Kommissariaat vir Vlugtelinge is daar wêreldwyd ongeveer 65,3 miljoen ontwortelde mense – 44 miljoen inheemse ontwortelde mense en 21,3 miljoen vlugtelinge. Anders gestel: Een uit elke 113 mense wêreldwyd is weens geweld ontwortel. Die opkoms van die Islamitiese Staat (IS) in Irak en Sirië het tot die grootste vervol-ging gelei wat ons geslag nog gesien het. In die eerste vyf maande van 2016 is minstens 3,3 miljoen Irakese ontwortel. As al die vlugtelinge in een land gewoon het, sou dit die 21ste grootste nasie ter wêreld gewees het – groter as Suid-Afrika, Frankryk of Brittanje.