Die Bemarking Van Die Bose

Presies hoe ver het ‘n kerk nodig om te daal om die heilige nagmaal in die naam van ‘n heidense god aan te bied? Hoe ver het ‘n kerk weggedwaal as ‘n predikant luidkeels verklaar, dat hy nie verder aan die Opstanding kan glo nie omdat die detail te verwarrend is?

Presies hoe laag kan ‘n samelewing daal dat seksueel-afwykendes toegelaat word om ‘kundige raad’ te gee wanneer sake t.o.v. huwelikke tussen dieselfde geslag in geregshowe beslis word?

MARXISME VOED REBELLE
Ons weet reeds almal hoeveel rebelle uit die 1960’s eintlik deur Marxistiese ideale beïnvloed is. Hierdie rebelle is nou volwassenes en die leiers in ons samelewing – die professore, politici en diegene wat die pas aangee.

Ons weet ook hoe die Marxistiese teorieë elke sfeer van die samelewing beïn¬vloed – die politiek, media, opvoeding, en selfs die Kerk. Ek wil graag dieper in die ‘jak-kalsgat’ delf om die verreikende gevolge van die ‘Nuwe Wêreldbeskouing’ wat elke aspek van ons politieke en sosiale samele¬wing raak, bloot te lê – aspekte in ons samelewing wat ons daagliks as vanselfsprekend aanvaar.

DIE SLENTERPAD NA BETHLEHEM
Ons weet wat die Bybel sê oor die krag van die Kerk. In Matt 16:18 staan daar: “…en al die magte van die hel sal dit nie kan oorwin nie.” Dit verhoed satan geensins om met ‘n felle aanslag teen die Christendom te kom nie. Sommige van die aanvalle is so subtiel dat ons nie eens bewus is daarvan nie. Baie min mense is bv. bewus van die liberale infiltrasie by kweekskole in die vroeë twintigste eeu.

Evangeliese teoloë is stadig maar seker vervang deur liberale denkers wat nou bykans die monopolie besit by al die Teo¬logiese Fakluteite aan groot universiteite. Ons besef nie aldag tot in watter mate onskuldige studente doelbewus deur die li-berale denkfilosofieë beïnvloed word nie. As gevolg hiervan is ons ook nie bewus hoeveel predikante liberale sienswyses koester nie. Hulle predik dit selde openlik omdat hulle bang is vir die onvermydelike teenkanting van die samelewing.

David Kapulian, die outeur van die boek, ‘The Marketing of Evil’, ontbloot die agenda agter die Nasionale Raad van Kerke (en by implikasie dus ook die Wêreldraad van Kerke) wat vir dekades lank die Marxistiese beweegredes omhels het, maar weinig tyd gewy het aan die vervolging van Christene agter die Ystergordyn.

NUWE DOGMAS MET ALTERNATIEWE AGENDAS
Daar is kwalik iemand beter as Thomas Owen, voormalige liberale professor in teo-logie, wat nou konserwatiewe denke koester juis omdat hy besef het hoe skynheilig en inkonsekwent liberale Christenskap is. Sy ‘Requem: A Lament in Three Movements’, is ‘n ernstige aanklag teen liberale professore wat, t.s.v. die regverdige, openhartige houding wat hulle voorhou, eintlik baie onverdraagsaam en onvriendelik teenoor enige tradisionalis is.

Hulle is voortdurend besig om hul eie Marxistiese agendas onder die dekmantel van verdraagsaamheid en demokrasie te bevorder. Hierdie ‘nuwe dogmas’ manifesteer dikwels in die ontkenning van die Bybel as die Woord van God, of die Maagdelike geboorte, die Opstanding en soms ook die ontkenning van die Christen-geloofsbelydenisse van die Kerk. Die openingsrede by een Teologiese Fakulteit is bv. ingelui met die woorde: “Christianity is the religion of the oppressor.”

In ‘n ander geval is daar tydens die openbare gebedsbyeenkoms van ‘n plaaslike kerkkonferensie gebid tot: ‘God die Vader en Moeder Aarde’. En dit sonder dat enigeen ‘n woord hieroor geopper het!

ONDERSKEI DIE WAARHEID
Owen vertel ook dat sy eie Gemeente, waar liberale feministe weier om tot God die Va¬der te bid, verkies om eerder tot Sophia, die Griekse godin van wysheid, te bid. Hierdie hele saak klink so belaglik, amper ongelooflik, as die bron daarvan nie as ‘n onkreukbare karakter bekend is nie.

Owen skilder verder ‘n prent van liberale leiers wat gesagsposisies in gemeentes be-klee en wat in staat is om ‘amptelike’ kerksinodes en konferensies in ‘n liberale rigting te stuur. Hoewel hulle dikwels die idee van openhartigheid en ‘n regverdige kans aan almal skep, is die waarheid egter net mooi die teenoorgestelde. Privaatagendas word deur manipulasie en intimidasie bevorder.

OP SLEEPTOU…
Dit het allerhande verdere gevolge… dink maar aan die dokumentêre programme op TV met twyfelagtige titels soos ‘Gospel of Judas’ of die sogenaamde natuurlike ver-klarings vir Bybelse wonderwerke.

Omdat hierdie liberale teoloë prominente posisies by baie teologiese instel¬lings beklee, word hul menings dikwels as dié van die ‘hoofstroom’ Christenbeweging beskou. En kerkgangers wat Sondag na Sondag net die kerkbanke warm sit, word maklik deur hierdie ‘kundiges’ op sleeptou geneem. Wat hou dit vir ons in?

KERK IN KRISIS
Eerstens: ons propageer geensins verdeeldheid in die Kerk nie, maar diegene wat hierdie liberale filosofieë voorstaan, is sekerlik hulle wat júís verdeeldheid aan die hand werk. Ons kán nie langer ontken dat die Christelike Kerk in ‘n diepe krisis gedompel is nie. Die Bybel praat juis van tye waar dwaalleer die kinders van God laat struikel – met katastrofiese gevolge. Miskien is dit omdat ons so gemaklik in ons godsdiens geword het. Ten tweede – ons moet onderskei. Ons kan nie langer net die sinodebe¬sluite op sigwaarde aanvaar nie. Ons behoort vas te stel wat die agenda is wat agter die besluit skuil. Ons behoort ook uit te vind wat aan ons kweekskole geleer word en wat die predikante se ware geloofsoortui¬gings is. Dit sal verder inhou dat ons ernstig moet bid vir geestelike krag vir ontvanklike jongmense wat by die instellings studeer.

MOENIE ALLES GLO WAT JY SIEN NIE
Moet beslis nie alles glo at jy op TV sien nie! Dit is egter só maklik om in die gemaksone in te glip en net maar te aanvaar wat deur die openbare media verkondig word. In die 1970’s en 80’s het die Kerk maar te geredelik die wanvoorstelling van die Christendom in sitkoms en TV-geselsprogramme aanvaar. Juis a.g.v. hierdie passiwiteit het dit wat toeka mode was, in ‘n epidemie verander waardeur Christendom gewoonlik uitgebeeld word as die onrelevante minderheidsgroep wat op die rant van die samelewing rondhang. ‘n Baie belangrike gebeurtenis het onlangs plaasgevind. Bernard Goldberg, een van die mees gerespekteerde ver¬slaggewers op VS-televisie, het besluit om oop kaarte te speel.

MEDIA (S)LINKS
In sy onthullende boek, ‘Bias’, kritiseer hy die linkse vooroordeel van die media baie skerp. Sy boek was vir 20 weke op die New York Times se lys van beste verkopers, waarvan sewe weke as nommer een! Goldberg beskryf homself as ‘n lewenslange li-beraal wat nou verraai en gewalg voel deur politieke korrektheid (PK).

Hy beskou PK as liberalisme wat te ver gevoer is en baie sterk ooreenkomste toon met fascisme wat dit veronderstel is om teë te werk. Om die kroon te span, word die mediastandpunt, wat dikwels slegs ‘n klein minderheidgroep is, as die meerderheid¬mening voorgehou.

POLITIEKE OF BYBELSE KORREKTHEID
‘n Baie goeie voorbeeld van media-vooroordeel, is die hantering van die hele ‘pedofiel-priesterskandaal’. Die media het heeltemal tereg die skokkende feite bekendgemaak en die betrokkenes ontbloot – en tog word daar terselfdertyd ‘n totale stilte gehandhaaf oor die toenemende aantal vooraanstaande gay-akademici wat minderjarige seks goedkeur.

In Suid-Afrika het ons ook die sterk invloed en teenwoordigheid van televisieprogramme uit die VSA – asook dieselfde vooroordeel van ons media t.g.v. PK. Alhoewel die meeste Suid-Afrikaners aborsie en die gayleefwyse teenstaan, is die media voortdurend besig om hierdie lewenstyl en –keuses as die norm te propageer.

WOORDKEUSE BETEKENISVOL
Let op die woordkeuse: homoseksueel word ‘gay’, prostitute word ‘sekswerkers’ – net sodat niemand se gevoelens seergemaak word nie. Tog word Christene al te dikwels uitgekryt as ‘onverdraagsaam’, ‘homofobies’ en ‘fundamentalisties’ sonder inagneming van hulle gevoelens.

Dit is ook interessant dat Suid-Afrika se voorste gayregte-organisasie, The Triangle Project, alreeds so lank gelede as 2002, ‘n artikel gepubliseer het waar ‘Queer Heroes and Heroines’ gehuldig word! Sommige van die name wat genoem word, sluit skrywers van baie bekende publikasies in.

FREUD OF BEDROG?
PK het by die hoogste stelsels ingesluip. In die onlangs-gepubliseerde ‘Destructive Trends in Mental Health’ het psigiaters ¬Roger Wright en Nicholas Cummings ‘n groep politieke aktiviste aan die kaak gestel wat die American Psychiatric Association (APA) ingesypel het en alles wat op die hoogste vlak aangaan, beheer en manipuleer.

Dit is dus ook nie ‘n verrassing dat beide Cummings en Wright voormalige presidente van die APA is nie en dat hulle albei baie hoog in die sielkundewêreld aangeskryf word. En, soos so baie ander, beskou hulle hulself as lewenslange libera-liste wat deur PK ekstremisme verraai is.

Hierdie aktiviste sluit gay- en feministiese stemwerwers in. Hulle is ‘n klein persentasie van die totale lidmaatskap van APA, maar tog behou hulle prominente posisies op die Raad deur ‘n ‘organisatoriese musical chairs’ waardeur lede wat nié met hulle saamstem nie, doelbewus uitge¬sluit en geïntimideer word. Hierdie aktiviste maak seker dat ‘amptelike’ verklarings oor PK-kwessies uitgereik word sodat dit as ‘feite’ deur die publiek – en geregshowe – beskou kan word.

OËVERBLINDERY
Dit is ook nie baie bekend onder die algemene publiek dat ‘n groot aantal van die wetenskaplikes wat by gay-navorsing betrokke is, self gay is nie. Die sogenaamde ‘gay-geen’ navorsing van die 1990’s is ‘n goeie voorbeeld hiervan.

Richard Pillard, die ‘brein’ agter die beroemde Bailey-Pillard ‘Gay-tweeling’ navor-singstuk, het erken: “Many of the scientists who have been studying homosexua¬lity are gay, as I am.” Mede-wetenskaplike Michael Bailey het, al is hy nie self gay nie, opgemerk: “Perhaps half of those that are busy with ‘gay research’ are gay; a much higher percentage than would be expected by chance.”

Baie soortgelyke ‘wetenskaplikes’ gee ‘kundige raad’ in geregshowe – veral t.o.v. kwessies oor dieselfde geslag. Wat Suid-Afrika betref, is dit algemene kennis dat gay-sielkundiges betekenisvolle verteenwoordiging – selfs leierskapposisies – by Sielkunde- en ander fakulteite aan groot universiteite beklee.

VAS AAN DIE SLAAP
Dit is so tragies dat die absolute passiwiteit van die Kerk toegelaat het dat PK onder die radar deurglip en feitlik die hele wêreldsisteem soos ons dit ken en as vanselfsprekend aanvaar, radikaal verander het. David Kupelian is dus tereg hartseer oor die akkommodering van ‘n wêreldgees in die Kerk. Dit is in sommige gevalle selfs moeilik om tussen die twee te onderskei.

Intussen is die PK-elite steeds besig met hul ondemokratiese werkswyse, t.s.v. die wense van die meerderheid, duidelik onder die indruk dat hulle die morele oorhand het. Die enigste manier om dit stop te sit, is om seker te maak dat die meerderheidstem gehoor word. Ons beskik oor ‘n ontluikende demokrasie en ons moet dit baie beslis beskerm teen die elemente wat dit bedreig – ook van die dinge wat as demokrasie voorkom, maar nie is nie!

LIGDRA KOS ‘N PRYS
Die Kerk het vir té lank geswyg. Ons voor¬ouers was bereid om vir hulle geloof te sterf – wat sou hulle sê en doen as hulle sien dat ons selfs te bang is om iets oor ons geloof te sê? Dat ons te bang is ons gaan gebrandmerk word as ‘homofobies’ of ‘fundamenta¬listies’?

Om ‘n Ligdraer te wees, kom teen ‘n hoë prys. Maar soos dinge versleg in ons post-Christelike beskawing, mag daar dalk binnekort nie meer ‘n beskawing wees om te red nie – tensy die Kerk nóú begin optree.