Die Kerk moet opnuut hervorm

Ecclesia Reformata Seper Reformanda Est (Die hervormde kerk moet voordurend hervorm.) Hierdie belangrike Hervormingsbeginsels spoor ons aan tot gereelde en deurtastende selfondersoek en die herevaluering van ons persoonlike lewe, die gemeente, sending, gesin en die samelewing. Mag die voorbeeld van die Hervormers ons inspireer om na die Bybel terug te keer, om God innig lief te hĂȘ en Hom alleen te vrees, om vir Bybelse hervorming te werk en vir geestelike herlewing te bid.