‘Die Koning maak die laaste skuif’ – getuienis

Geen ouer verwag dat ’n gewone oggend jou lewe in ’n oomblik kan verander nie. Levi was net vier maande oud toe ons die eerste keer besef het iets is nie reg nie. Aanvanklik was dit net vreemde bewegings wat ek nie kon verklaar nie. Die volgende oggend het ek hom tussen my en Francois op die bed gesit toe sy armpies skielik begin ruk en sy ogies omdop. Dit het net ’n paar sekondes geduur, maar diep binne my het ek geweet dit is nie normaal nie. Ek het ons pediater se kantoor gebel. Toe dr Janine Brink hoor wat gebeur het, het sy onmiddellik gesê: “Bring hom dadelik in.” Ek het steeds gehoop dit is iets wat maklik behandel kon word. Ek het nie geweet dat ons op die punt was om een van die grootste geloofsreise van ons lewe te begin nie…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan! Koop eksemplare by toonaangewende supermarkte, of vind dit (druk of digitaal) aanlyn by joygifts.co.za.