Om van God af weg te vlug, is ’n duur besigheid. Dit gaan jou duur te staan kom om buite God se wil te wees. Daar is ’n prys te betaal as ’n sondaar. Die loon van die sonde bly steeds dieselfde – die dood. Satan versuiker dit met allerhande ander name, maar dit bly steeds sonde, dit is steeds opstand teen God.
…kry jou April-uitgawe van JUIG! wat nou te koop is, vir die volledige artikel!
Category: April 2019 Issue
Gee Reg
Hoe moet ek weet wáár om dié wat min-der as ek het, te help?” Dít is die een vraag wat ek telkens moet antwoord. Laat ons eerlik wees – dit is lekker om iemand te help, lekker om te weet dat jy ’n verskil gemaak het in iemand se lewe. Tog is hóé en wáár ’n mens moet help nie altyd so eenvoudig nie…
…kry jou April-uitgawe van JUIG! wat nou te koop is, vir die volledige artikel!
Van Doringkroon tot Oorwinnaarskroon
Op 2 Junie 1953 het prinses Elizabeth in die gangetjie van Westminster Abbey afgestap om as koningin van Engeland gekroon te word. Meer as 8 251 gaste het toegekyk en 38 miljoen mense in die Verenigde Koninkryk het dit op televisie en oor die radio gevolg. Daar was 2 000 joernaliste en 500 fotograwe uit 92 nasies wat hulle by die juigende skares langs die roete aangesluit het om oor die gebeurtenis te berig. Dit was die mees skouspelagtige kroning van ’n koninklike ooit. Die pragtige kroon, van soliede goud, is versier met 2 800 diamante – 17 en 105 karaat onderskeidelik. Dit was beslis ’n kroon geskik vir ’n koninklike. Dié uitspattige geleentheid met juigende skares, paparazzi en vername gaste het die standaard gestel vir ’n ware koninklike kroning…
…kry jou April-uitgawe van JUIG! wat nou te koop is, vir die volledige artikel!
Se My Is Daar n Bodorp en n Onderdorp In Die Hemel
“Ek werk aan my sewende kroon in die hemel. By die hoeveelste een trek jy?” Dít vra iemand ’n vriend van my. Later wil hy by my weet wat ek sou antwoord. “Hoe balanseer ’n mens elke dag sewe krone op jou kop?” was my flouerige reaksie. Toe dink ek dit is hartseer as die Hemel nou in ’n kompetisie verander het oor wie die meeste krone, of die beste ewige blyplek kan kry…
…kry jou April-uitgawe van JUIG! wat nou te koop is, vir die volledige artikel!