November 2021

Wie het nie in hierdie tye nodig om ’n bietjie te ontspan en pret te hê nie? In hierdie uitgawe gesels ons met die drie Fourie-broers van die Broer Toer wat tans op KykNET te sien is. Die drie avontuurlustige broers het onlangs 2 500 km per motorfiets afgelê. Hulle moedig ons aan om as gesinne saam pret te hê en herinneringe te gaan maak. Lees gerus meer oor die Broer Toer en wat dit alles behels; laat dit jou inspireer vir die komende Desember-vakansie!

Ons raak ook meer aktuele sake aan: Freedom of Religion South Africa (FOR SA) is hof toe oor die inperkingsregulasies; ’n leser, dr. Henrietta Klaasing lug haar mening oor die transformasie van die NG Kerk se teologiese fakulteite aan die hand van twee briewe wat sy van teologiestudente ontvang het en ons artikel, “Afghanistan, Insig in die wêreldbeskouing van die Taliban”, bied gebedspunte vir die Christene in die geteisterde land. 

Lees die verstommende getuienis van Joos Engelbrecht wat as jongman onder ’n trekker vasgepen was. Ds. Dirkie van der Spuy wys vir ons die positiewe dinge uit wat God in hierdie pandemie doen en prof. Stephan Joubert het raad vir die wat voel dat hulle hul geloof verloor het. 

Bly op hoogte van sake met Christen-nuus en sendingsake. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!

ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:

- Die Broer Toer – Hier Kom ’n Ding!
- Ware Leierskap Begin By Afhanklikheid Van God
- FOR SA Gaan Hof Toe Oor Inperkingsregulasies
- Diere Verdien Skuiling En Warmte
- Toe Sien Die Here …
- Christenskap In Die Werkplek
- Waarom Gebede Nie Beantwoord Word Nie
- Verneder Jou Onder God Se Hand
- Afghanistan: Insig In Die Wêreldbeskouing Van Die Taliban
- Transformasie By Die NG Kerk Se Teologiese Fakulteite
- Noodsaak Koersverandering
- Sewe Redes Om ’n Steenmeule Te Hê
- Apologetiek – Wat Sê Die Bybel Oor Buiteaardse Wesens?
- Karakters Van Die Bybel – Josua
- Jesus, As U Regtig Daar Is . . .
- Ons Almal Het ’n Verlange – Anton Cuyler Se Verhaal
- Woorde Maak Saak – Sophia Roman
- Vasgepen Onder ’n Trekker
- ’n Wonderwerk Het In My Gebeur – CfaN
- Vind Die Ware Betekenis Van Kersfees – Geopende Deure
- ’n Nuwe Geleentheid Vir Bediening In ’n Land Wat Smag Na Hoop – TWR
- Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
- Nogtans Sal Ek In Die Here Jubel: Lourieke Haller
- Kalahari-Inspirasie: HJ Cronjé
- Valstrikke: Elza Meyer
- Help! Ek Het My Geloof Verloor: Stephan Joubert
- Waar Is God In Die Pandemie: Dirkie Van Der Spuy
- Redakteursbrief
- Woef-Wyshede
- Briewe
- Vra Jou Vrae: Val Waldeck
- Ek Weet Dit Was U, Here!
- Blokraai
- Bybelvasvra
- Soek Die Woord
- Toeka Se Dae