Oktober 2021

In hierdie uitgawe kuier ons saam met Dawie en Madelein Pieterse van World Shakers Kerk van Marble Hall. Hulle is bewys daarvan dat ’n mens nie ’n groot kerk hoef te hê om ’n verskil te kan maak nie. 

Was Noag se vloed wêreldwyd of plaaslik? Het dit ooit gereën voor die vloed? In ons artikel oor Noag en die vloed antwoord ons ’n paar van die algemene vrae oor die sondvloed. In ons reeks van apologetiese artikels antwoord ons die vraag: Is alle Godsdienste nie maar eintlik dieselfde nie? 

Het jy geweet ’n kameelperdkalfie val tot 2 m ver wanneer dit gebore word sonder om daardie lang nekkie te breek. Hoe is dit moontlik? In ons artikels oor kameelperde ondersoek ons die wonder van God se skepping en hoe gespesialiseerd hierdie grasieuse ou langnekke geskape is. 

Bly op hoogte van sake met Christen-nuus en sendingsake. Gaan kry gerus jou JUIG! Tydskrif vandag nog. Lekker lees!

ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:

- Dawie en Madelein Pieterse – “Jou Kerk Hoef Nie Groot Te Wees Om ’n Verskil Te Maak Nie”
- Leer Jou Kinders Om Met Hulle Vrees Na God Te Gaan
- Toeka Se Dae
- Woorde Van Wysheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Leraars Ly Ook
- Antwoorde Op Die Mees Algemene Vrae Oor Noag Se Ark
- Kameelperde
- Lewensvaardighede Wat Vooruitdenkende Ouers Hul Kinders Leer
- Drie Dinge Om Te Onthou Wanneer Jy Jou Kinders Voorstel
- Europa Gered Vir Die Antichris?
- Die Slagveld Vir Godsdiensvryheid In Ons Skole
- Senekal Was Net Die Begin …
- Karakters Van Die Bybel – Die Blinde Man Langs Die Pad
- Apologetiek – Is Alle Godsdienste Nie Eintlik Dieselfde Nie?
- ’n Vader-En-Seun-Reis Na Bybels Manwees
- Die Here Is Altyd Daar
- Nuwe Maniere Om Die Evangelie In Tanzanië Te Verkondig – CfaN
- Vergete Gesinne Vind Broodnodige Hoop – Geopende Deure
- Van Modepraatjies Tot Geloof In Die Oekraïne – FEBA
- Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
- Veilig Danksy Die Heilige Gees Se Waarskuwing: Lourieke Haller
- Kalahari-Inspirasie: HJ Cronjé
- Strome Van Hoop In Namibië: Julita Kok
- Genade Wat My Bemagtig: Phillip Pretorius
- Die Bekeringskrag Van Liefde: Kobus Roodt
- Redakteursbrief
- Woef-Wyshede
- Briewe
- Blokraai
- Soek Die Woord
- Bybelvasvra
- Vra Jou Vrae: Val Waldeck