April 2019

Geseënde Paasfees! In hierdie Paasuitgawe van 2019 het ons ’n inspirerende voorbladartikel oor Christus se doringkroon wat ons oorwinnaarskroon is.
Met die belangrikste verkies net om die draai, het ons vir jou ’n kiesersgids met van die vernaamste partye se standpunte oor Christelike kwessies. Maak seker dat jy volgens jou Christelike waardes stem!
Mag Christene deelneem aan Zumba-, joga- en pilatesklasse? Lees ons artikels oor Christene en oefening.
Gee jy ’n geldjie by die robot? Is dit die regte ding om te doen? Lees gerus die artikel, “Gee reg”, om uit te vind of jy moet gee of nie. En gepraat van gee, neem gerus deel aan Radio Tygerberg 104fm se veldtog om Wuppertal se gemeenskap te help om die stories en herinneringe van die dorpie neer te pen nadat dit in puin gelê is deur die verwoestende brande vroeg in 2019 en die mense alles verloor het, selfs hulle foto-albums.
Ons hou jou op hoogte van Christen-nuus op die sendingveld sowel as internasionale sake wat betrekking het op ons Christenskap. Hou jouself op hoogte.
Daar is iets vir elkeen in hierdie Paasuitgawe wat 19 Maart op die rakke sal wees. Lekker lees!
ARTIKELS IN HIERDIE UITGAWE:
- Kom Ons Bid: Barbara Cilliers
- Soek Die Woord
- Blokkiesraai
- Kiesersgids
- Staatskaping Is Nie SA Se Grootste Bedreiging Nie:
Errol Naidoo
- New Nation Movement
- Van Doringkroon Tot Oorwinnaarskroon
- Karakters Van Die Bybel –Abraham
- Die Bybel In ʼn Neutedop – Jakobus
- Spreuke 3
- Om Te Oordeel Of Nie Te Oordeel Nie
- Jona En Die Groot Vis
- Jy kan Weghardloop, Maar Jy Kan Nie Wegkruip Nie
- Die Wêreldwye Vervolging Van Christene –
Geopende Deure
- Hindoe-Student Vind Christus En Genesing Deur
Die Radio – FEBA
- Sê My, Is Daar ’n Bodorp En ’n Onderdorp In Die Hemel:
Stephan Joubert
- Nuwe Hoop Vir Behoeftige Christen-Weduwees In
Pakistan – Barnabas Fund
- Die Amasone Is Gereed Om Jesus Te Ontvang –
Harvesters Ministries
- Gee Reg – Helpende Hand
- Hoop & Genesing Vir Weeskinders – Mergon
- Christene & Oefening
- Streef Na Gesondheid Om Welvaart Te Skep
- Vriendinne, Die Engele Om Ons: Tanya Powell
- Sterf Om Te Lewe: Nina Smit
- Vroue Van Geloof
- Soet Lesse Uit Die Suurlemoen
- Gesonde Gesinne, Gesonde Samelewing
- Hoekom Bid Ons Voor Ons Eet?
- Swangerskapdiabetes Kon My Nie Onderkry Nie
- Woorde Van Wysheid
- Christenskap In Die Werkplek
- Waar Moeder Aarde Glimlag