JUIG! April-uitgawe
Kom op ’n ontdekkingsreis saam met ons in hierdie April-uitgawe van JUIG! Tydskrif! Vandeesmaand roep ons jubelend saam met Christene wêreldwyd uit: “Jesus leef!” Ons nooi jou om die triomfantelike oorwinning van die opgestane Christus saam met ons te verken. Ontdek die geheimenisse van jellievisse — wonderlike diere sonder ’n hart, skelet, oë of ’n brein en tog is hulle uiters doeltreffende roofdiere! Ons ondersoek ook die aktuele uitdagings wat Christene vandag moet trotseer. Ons kyk na ’n waterskeidingsaak oor vryheid van spraak met ’n NWU-student wat opgestaan het vir Christen-waardes, ons bespreek die korrupsiekrisis in Suid-Afrika en vra hoekom Israel belangrik is. ’n Akademikus en wetenskaplike getuig van haar reis van evolusionisme na erkenning van God se Woord as die waarheid en rigsnoer.
En dit is nie al nie! Brei jou kennis uit met ons nuutste nuus- en sendingartikels en moenie vergeet om ’n bietjie tyd in te ruim vir ons pretbladsye propvol Bybelkennis, -raaisels, en ons inkleurkompetisie nie – alles vir jou om te geniet.
Daar is ’n ietsie vir elkeen met talle opbouende kort pitkosartikels vir die maand. Kry gerus vandag jou nuwe JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!
– Hy Leef!
– Nuus
– Kaapse Kansel Hier Om Te Bly
– Christene En Die Stryd Om Vryheid Van Spraak
– Die Korrupsiekrisis
– Die Christendom In Die Wêreld: Japan
– God Se Oordeel: Tekens Van Die Here?
– Hoe Leer Ma’s Hul Dogters Om Goeie Vroue Te Wees?
– Hoekom Is Israel Belangrik?
– Onkunde Oor Jode En Die Kerkgeskiedenis
– Veertig Jaar Se Ontsluiting Van Potensiaal En Inspirasie Vir Leerders
– Verbeter Jou Bloedsirkulasie
– Het Jy Geweet?
– Karakters Van Die Bybel: Judas Iskariot
– Die Gelykenisse Van Jesus: Die Onvergewensgesinde Dienaar
– Die Ongelooflike Verhaal Van ’n Familie Se Bybel
– Afrika Sal Gered Word – CfaN
– Van Akademiese Evolusionis Na Geesvervulde, Geredde Wetenskaplike
– Vlugtend Van Skare In Dodelike Nag Van Vrees – Geopende Deure
– Jellievisse Gee Evolusieteorie ’n Kopseer
– Vier Maniere Waarop God Gebed Antwoord: Rudi Briel
– Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
– Bespeur Die Leuen: Mario Denton
– Here, Maak ’n Binnekamermens Van My: Maretha Maartens
– (Op)offer: Rassie Fourie
– Tieners En Hulle Geloof: Herman De Kock
– God Se Wiskunde: Johan Schoonraad
– Redakteursbrief
– Briewe
– Vra Jou Vrae
– Ek Weet Dit Was U, Here
– Bybelvasvra
– Soek Die Woord
– Ontsyfer Die Kode
– Inkleurpret
– Dankie Dominee
– Wie’s In Die Nuus?