JUIG! Februarie/Maart-uitgawe
In hierdie pragtige Februarie/Maart-uitgawe van JUIG! Tydskrif bied ons voorbladartikel ’n intieme blik op die gewaardeerde musikant, Jo Black, wat praat oor die donker put van depressie en hoe belangrik dit is dat mans eerlik is oor hulle geestesgesondheid. Jo onthul sy passie om ander te help met ’n nuwe ondersteuningplatform vir mans wat hy geskep het. In "Hoe geestelik fiks is jy?" ontdek ons die geheim daarvan om jou te kan verbly in alle omstandighede. Die artikel, “Profetiese megatendense wat ons wêreld in 2024 vorm”, ondersoek die ses megatendense wat die landskap van ons geestelike wêreld vorm: van KI tot klimaatsverandering.
Bly op hoogte van Christen-nuus en aktuele sake met ons nuus en sendingartikels en gebruik dit om met insig voorbidding te kan doen. Om lekker te ontspan loer gerus na ons pretbladsye met Bybelvasvra, blokraai, soek die woord en die inkleurblad.
Daar is ’n ietsie vir elkeen met talle opbouende kort pitkosartikels vir die maand. Kry gerus vandag jou nuwe JUIG! Tydskrif. Lekker lees!
Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!
– Jo Black – ‘As Jy Val, Weet Ek Sal Jou Dra’
– Nuus
– Profetiese Megatendense
– Hermanus-Passiespel
– Prins William Oorweeg ’n Historiese Wegbreek Van Die Kerk Van Engeland
– Die Rivier Van Die Lewe
– Wat Is ’n Sendeling?
– Wat Weerhou Jou Daarvan Om Te Getuig?
– Unite180
– Ons Sentrum Waar Kindertrauma Aangehoor En Hanteer Word
– Pylgifpaddas – Juweeltjies Van Die Reënwoud
– ‘Jy Ontvang Meer As Wat Jy Gee’
– Het Jy Geweet?
– Karakters Van Die Bybel: Epafroditos & Epafras
– Die Gelykenisse Van Jesus: Die Vyeboom
– Skielik Verlam ... Toe God Se Plan
– Herlewing Onder Die Hmong – FEBA
– WOWZA
– Saleh Se Dapper Geloof Oorkom Doodsdreigemente – Geopende Deure
– Verenig Vir Die Oes – CfaN
– Ek Hardloop, Maar Raak Nie Moeg Nie: Elsabe Aldrich
– Oorwin Katastrofiese Denke: Rudi Briel
– Gebed Vir Elke Dag In 2024: Jean Symons
– Hoe Geestelik Fiks Is Jy? Riekert Botha
– Tieners En Hulle Geloof: Herman De Kock
– ‘Business By The Book’: Mario Denton
– Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange
– Redakteursbrief
– Briewe
– Ek Weet Dit Was U, Here
– Blokraai
– Bybelvasvra
– Soek Die Woord
– Inkleurpret
– Vra Jou Vrae
– Wie’s In Die Nuus?
– Dankie, Dominee