Die April 2025-uitgawe van JUIG! Tydskrif is nou beskikbaar!
Die April-uitgawe van JUIG! Tydskrif is hier! Terwyl ons voorberei om die dood en opstanding van Jesus te vier, herinner hierdie kragtige uitgawe ons aan Christus se lyding, opoffering en verlossing. Ons neem tyd om te reflekteer op Jesus se diepste stryd in Getsemane en hoe Hy Hom volkome aan die wil van die Vader onderwerp het. Verder ondersoek ons die kruisiging en hoe Jesus werklik gesterf het.
Ons delf in die vraag waar geloof en wetenskap mekaar ontmoet, en kyk na die gevare van sciëntisme. Ons ondersoek hoe Christene deel kan neem aan God se missie, gesels met Marilize de Clercq oor waar die lyn lê tussen mooi wil lyk en ydelheid, en leer meer oor ons Bybelse karakter vir die maand, die apostel Paulus.
Met kragtige getuienisse oor God se voorsiening en werk in die wêreld, asook refleksies oor gebed, dankbaarheid en geestelike groei, is hierdie uitgawe propvol geloofsversterkende inhoud. Om lekker te ontspan, loer gerus na ons pretbladsye, met Bybelvasvrae, blokraai, soek die woord en ’n inkleurblad. Moenie hierdie uitgawe misloop nie! Kry jou kopie vandag by jou naaste winkel.
Teken in op JUIG! Tydskrif vir R439 en kry 'n GRATIS geskenk!
VOORBLADARTIKEL:
– ’n Donker Nag In ’n Tuin: Die Lyding En Verlossing Van Christus
NUUS:
– Wie’s In Die Nuus?
– Nuus
– Aktuele Nuus: ’n Kykie Binne Die National Prayer Breakfast
– Tot Lof Van Sy Heerlikheid
ARTIKELS:
– Die Eensaamheid Van Verkeerd Verstaan Word...
– Die Kruisiging: Dit Is Hoe Jesus Werklik Gesterf Het
– Geloof Versus Wetenskap
– Wat Is Sciëntisme?
– Ongeëwenaarde Eenheid
– Paasfees Gaan Oor Deelname Aan Die Missie Van God
– Leef As ’n Ware Gestuurde
– Die Voorreg Om Te Sterf In Jou Moedertaal
– Waar Is Die Lyn Tussen Mooi Wil Lyk & Ydelheid?
– Beskerm Jou Gesin Met Lewensversekering
REEKSE:
– Het Jy Geweet?
– Karakters Van Die Bybel: Die Apostel Paulus
– Vaardighede: Waarom Is Dit So Moeilik Om Mense Te Verstaan? Deel 4
SENDING EN GETUIENISSE:
– Dankie, Here, Ek Weet Dit Was U
– 17 Jaar In Wording: ’n Meesterstuk Van Oorgawe En Geloof
– Vind Jou Ware Identiteit In Christus
– God Is Besig Om Met Die Dorpie Te Praat – TWR
– Skyn God Se Lig In Die Skaduwee Van Die Dood – FEBA
RUBRIEKE:
– Redakteursbrief – Die Krag Van Gebed En Dankbaarheid
– Jou Stem Maak Saak – Gillian Fraser
– Koningskind, Waarom Dink Jy Nog Soos ’n Weeskind? – Lisa Polson
– 3 Punte Om Oor Na Te Dink: Christelike Lewe
– Hoe Leer Ek My Kind Noag Se Ark? – Herman De Kock
– Vrees Vir Die Dood (Thanatophobia)– Rudi Briel
– Bewaak Jou Hart Bo Alles! – Miskyah Toth
GEREELD:
– Briewe Aan Die Redaktrise
– Lesersopname
– Soek Die Woord
– Toets Jou Bybelkennis
– Blokraai
– Inkleurpret
– Vra Val – Bybelse Antwoorde Op Moeilike Vrae
– Gebed Vir Bekering
